Episode 1 - Kerkbode Kollig: Van trane na hoop

Loading player...
In hierdie episode van Kerkbode Kollig, gesels ons oor geloof in tye van tragedie en verlies.
Ds Christo Nel van Welkom vertel van die hartseer, maar ook verstommende ondersteuning wat hulle as gemeenskap ervaar het na ‘n busongeluk waarin ses tieners dood is.
Die nuwe moderator van die Wes-Kaapland, ds Marinus Theron, deel ‘n paar gedagtes oor gemeentes se uitdaging met roeping.
Die Stellenbosse teoloog en skrywer, prof Cas Wepener, vertel waaroor gaan die boek, Lamenting for change: Worship and preaching for social impact, Resources for a season of lament in service of hope wat hy saam met sy kollega uit die VGK, dr Dawid Mouton, saamgestel het vir gemeentes se gebruik tydens Lydenstyd.
17 Feb 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min