Naudine Booyens is 'n baken van hoop vir ander

Loading player...
Om amper lewenslank in 'n rolstoel te spandeer het verskeie uitdaagings maar vir Naudine Booyens van Bloemfontein het sy net besluit om vrede te maak met haar omstandighede en aan te gaan. Sy vertel dat dit soms steeds 'n love/hate verhouding is met haar rolstoel maar sy kry oneindig baie dinge vir haarself gedoen.

Sy is tans besig om haar BCom graad af te handel en sien uit om nie meer sekere van die struikelblokke op kampus te hoef te hanteer nie. Dit is duidelik terwyl sy praat dat die geriewe nie altyd ingerig was vir iemand in 'n rolstoel nie en die toegang tot geboue, klasse en eksamenlokale was soms uiters moeilik. Ten spyte van die moeilike dae het sy positief gebly en bly sy op haar eie.

Luister gerus na haar inspirerende boodskap hier.
28 Nov 2023 4AM English South Africa Kids & Family · Education

Other recent episodes

Hormone, menopouse en kanker: KANSA wil dat jy die verhouding tussen 3 beter verstaan

Menopouse gaan nie net oor warm gloede en breinbeneweldheid nie. Dit is ook ‘n tyd wanneer hormonale veranderinge die risiko van borskanker kan beïnvloed. Kliniese Verpleeg Spesialis by KANSA, Vlooi Venter, sluit by Yolanda Maartens aan om te verduidelik hoe hormone, menopouse en kanker jou risiko kan beïnvloed. Besoek gerus…
1 Dec 5AM 5 min