Universiteit van Mpumalanga vier 10de bestaansjaar

Loading player...
Die Universiteit van Mpumalanga vier vandag sy 10de bestaansjaar. Die visiekansellier, Professor Thoko Mayekiso; adjunk-hoofregter en kansellier, Regter Mandisa Maya; die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela; en die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die amptelike seremonie bygewoon. Die universiteit het die eerste studente in 2014 ingeneem en gegroei van 169 tot 8-duisend-442 vanjaar en die aanbieding van drie akademiese kwalifikasies tot 65 tans. Tlangelani Ubisi gesels met Sonop Ontbyt.
3 Nov 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Inspirasie vir ander hul groot droom

Hulle koester groot drome en planne om 'n verskil in ander se lewens te maak tydens hul termyn as onderskeidelik Mev. Mpumalanga Ambassador en Charity, sê Louise Liebenberg en Claudette Erasmus.
23 Nov 9 min

Lego Legends

Die Laeveldse span, die Lego Legends, het onlangs as deel van die Lego League, wat STEM-onderwys bevorder, ter plaatse navorsing gedoen oor hoekom dit belangrik is om inheemse plante te kies vir jou tuin, eerder as uitheems of - verseker - indringers. Hulle het hul bevindinge met Saterdag Ontbyt kom…
23 Nov 15 min

Lewer kommentaar oor die voorgestelde Koalisie-wet

Die Parlement beraadslaag oor die Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture. Rob Hutchinson van Dear SA verduidelik wat jy moet weet voor die 27 November-spertyd vir openbare kommentaar.
19 Nov 6 min

Mahindra Nelspruit:

Nico Grobler van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive oor nuwe voertuigverkope.
18 Nov 8 min