Resensie: Hans steek die Rubicon oor

Loading player...
Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans wend vindingryke pogings aan om te ontsnap. Feesvlinder Sanette Mattheus vind Charlie Bouguenon beweeg soomloos tussen al die karakters wat hy in hierdie eenmanvertoning vertolk. “Dit is onvoorspelbaar, maar herkenbaar. Jy sien onmiddelik wie jy kan wees as jy ouetehuis se kant toe begin staan en herken sulke mense. Hans steek die Rubicon oor met regie deur Lizz Meiring.
30 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Tweelingbroers maak Uplands baie trots

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy 'n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur…
27 Jul 11 min

Graskopboksers wen SA-titels

Die Graskop junior boks sensasies Arion Fraser (Weltergewig) en Dylan Roets (lig, middelgewig) het by die Saterdag Ontbyt ateljee kom inloer om oor hul onlangse oorwinnings te gesels by die Nasionale boksbyeenkoms in Kaapstad. By hulle was die Afrigter van Highlands Boxing Club asook die huidige Provinsiale Afrigter, Lance Gibson.
27 Jul 17 min

Operasie Glimlag herstel gesplete lippe in Mbombela

Operation Smile South Africa doen 'n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Aspekte van die storie sluit in gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg…
23 Jul 12 min