Pediatric Care Africa ry trekker vir welsyn

Loading player...
Pediatric Care Africa ry in Julie deur vyf provinsies met 'n trekker ten bate van welsyn.
Dr. André Hattingh sê hierdie 2 500 km "on Track-tor for Charity" is bedoel om R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig.
Met die rit tussen plaasgemeenskappe wys hy ook sy ondersteuning vir die 911 Riders se kruistog vir bewusmaking oor plaasmoorde.
Hulle vertrek op 2 Julie vanuit Witrivier.
Hattingh gesels met Gerhardt en Andri.
15 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Tweelingbroers maak Uplands baie trots

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy 'n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur…
27 Jul 11 min

Graskopboksers wen SA-titels

Die Graskop junior boks sensasies Arion Fraser (Weltergewig) en Dylan Roets (lig, middelgewig) het by die Saterdag Ontbyt ateljee kom inloer om oor hul onlangse oorwinnings te gesels by die Nasionale boksbyeenkoms in Kaapstad. By hulle was die Afrigter van Highlands Boxing Club asook die huidige Provinsiale Afrigter, Lance Gibson.
27 Jul 17 min

Operasie Glimlag herstel gesplete lippe in Mbombela

Operation Smile South Africa doen 'n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Aspekte van die storie sluit in gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg…
23 Jul 12 min