Ouers eis antwoorde oor Estralita Spesiale Skool

Loading player...
Hanlie Swanepoel, die hoof van Estralita Spesiale Skool in Lydenburg, is in Mei verlede jaar deur die provinsiale departement van onderwys gevra om eerder nie skool toe te kom nie, weens kommer oor haar veiligheid.
Dit is na lede van Nehawu wat by die skool werk, ernstige bewerings teen haar gemaak het.
Sy is nooit geskors nie en die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n ondersoek van stapel gestuur.
‘n Jaar later, is die uitslag van die ondersoek nog nie bekendgemaak nie.
Sedert verlede Maandag, is die skool nie meer operasioneel nie.
Ouers soek antwoorde.
Sonja Boshoff, ‘n DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, en Lindi Sepobe, die voorsitter van die skoolbeheerliggaam, gesels met Mireille.
9 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sew & Knit vir Childline

Childline Mpumalanga benodig sagte troos speelgoed vir die kinders wie hulle bystaan. Hulle nooi naaldwerkers om bydraes te maak. Benita Nel vertel hoe die kompetisie werk.
21 Jan 7 min

Ereveldwagters hou gholfdag

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters hou op 27 Februarie by die Witrivier-gholfklub hul jaarlikse gholfdag. Estelle Roe en Johan Willemse gesels met ons oor hul werk. Kontak hulle direk by 083-326-8185 of 083-701-9827.
21 Jan 13 min

Sonja Stadler gasspreker by SACBW

Die positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die SACBW se eerste netwerksessie vir 2026. Sy gesels met ons oor hoe om veerkragtigheid te kweek.
19 Jan 13 min

Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik…
19 Jan 6 min