Comdatech wen Africa IoT&AI Challenge

--:--
Richard Davis het slegs ‘n paar jaar gelede Comdatech in sy motorhuis in Witrivier begin. Vroeër die maand het die maatskappy as wenner teruggekeer van Marakesh, Marokko, waar hulle die Africa IoT&AI Challenge by GITEX Africa gewen het. Comdatech het Suid-Afrika verteenwoordig met nuwe teen-betreding tegnologie vir heinings wat deur Kunsmatige Intelligensie ontwikkel is. Hy gesels met Gerhardt en Andi.
9 Jun Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Liznica House of Hope

Liza en Veronica Labuschagne bedryf reeds verskeie jaar Liznica House of Hope waar hulle na weggooibabas omsien. Liza gesels met Gerhardt en Andri oor die redes waarom ouers besluit om hul baba of kind agter te laat en waar desperate ma's aan kan klop om hulp.
21 Sep 11 min

VLU-vroue kuier, klets en leer

Die VLU Malieveldstreek vier hierdie naweek Erfenisdag met decoupage, Macrame (en koesisters en melktert). Wendy Bam vertel wat hierdie organisasie aan vroue bied.
21 Sep 7 min

Groot bloedskenkaksie beplan

Die SANBS beplan op 30 September 'n groot bloedskenkingsaksie in Mbombela. Palesa Mazibuko vertel vir Charles van die noodsaaklikheid van bloed skenk.
19 Sep 9 min

Kaapse 'kuiergas' maande later eers opgespoor

Maande na die plaaslike vlieënier Rudolf Erasmus in April onderweg van Worcester na Mbombela 'n noodlanding in Welkom moes uitvoer nadat ‘n Kaapse kobra sy verskyning in die vliegtuig gemaak het, is die slang by die Ou Nelspruit-lughawe opgemerk en gevang. Die Laeveldse slangkenner, Chris Hobkirk, vertel vir Gerhardt hoe…
19 Sep 9 min

Grace Baby Haven amper twee jaar later

Grace Baby Haven bied 'n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar ‘n baie groot vraag is. Justin Grobbler sê armoede speel tans die grootste rol in mense se besluit om hul baba weg te gooi. Hulle het tans vier babas waarna hulle tans omsien. Hy gesels met Amanda.
18 Sep 12 min