Sit die "L" terug in kosblikkies vir Laerskool Laeveld

Loading player...
Die Sonop-ontbytspan het in Februarie die “L” teruggesit in kosblikkies en kon kosblikkes vir 24 leerlinge van Laerskool Laeveld voorsien.
Mammas van die skool het saam met Lientjie Steyn en Judy van Dijk die pakkies gister opgemaak.
Van Dijk het die skool se broodjieprojek al in 1986 gestig, want vir baie kinders is die ete wat hulle by die skool ontvang, hul enigste maaltyd van die dag.
Die skool voorsien dus daagliks kosblikkies en pousebroodjies vir leerlinge.
Hulle gesels met Andri.
2 Mar 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sew & Knit vir Childline

Childline Mpumalanga benodig sagte troos speelgoed vir die kinders wie hulle bystaan. Hulle nooi naaldwerkers om bydraes te maak. Benita Nel vertel hoe die kompetisie werk.
21 Jan 7 min

Ereveldwagters hou gholfdag

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters hou op 27 Februarie by die Witrivier-gholfklub hul jaarlikse gholfdag. Estelle Roe en Johan Willemse gesels met ons oor hul werk. Kontak hulle direk by 083-326-8185 of 083-701-9827.
21 Jan 13 min

Sonja Stadler gasspreker by SACBW

Die positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die SACBW se eerste netwerksessie vir 2026. Sy gesels met ons oor hoe om veerkragtigheid te kweek.
19 Jan 13 min

Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik…
19 Jan 6 min

Mbombela reënval

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots oor die reënvalsyfers.
16 Jan 8 min