Klas van 2022: NHS se topleerlinge

Loading player...
Die Klas van 2022 by Hoërskool Nelspruit (NHS) het bo verwagting by die eise wat die Covid-19-pandemie en beurtkrag aan hulle gestel het aangepas om uitstekend te presteer in hul eindeksamen.
Die groep van 282 kandidate het ‘n slaagpersentasie van 99,6% behaal. In totaal het 93,9% (265) universiteitstoelating verwerf. Die ander 6,1% kwalifiseer vir diplomastudies.
Gesamentlik het die Nellies 415 onderskeidings behaal.
Nicolas Smook het nege A-simbole. Paul Harley, Dian Heyl en Jomarié du Toit het elk agt. Sy vertel van die uitdagende ervaring.
25 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Geraas: 'n Ode aan ADHD

Die plaaslike rocker en radio-omroeper Coenie Naudé se jongste enkelsnit klink soos niks wat jy al uit sy pen gehoor het nie. Geraas word môre amptelik vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
26 Mar 14 min

NLP kan jou angs in die rede val

Jess Burgess, 'n NLP-praktisyn, bied volgende naweek 'n werkswinkel aan om jou te help om jou angs beter te beheer. Sy gesels met die Middag Game Drive.
25 Mar 12 min

LVCC Rolbal vier 75 jaar

Rolbal geniet 'n oomblik in die son met gewildheid wat toeneem. LVCC se rolbalklub is vanjaar 75 jaar oud. Stan Stanton en Charles Davies gesels met ons.
24 Mar 11 min