Waar in die Laeveld: Suidelikste kremetartboom

Loading player...
Waar in die Laeveld was ons? Jou wenke was: “Rigting”, “1942”, “Deel van agt” en “Onderstebo”.
Tussen Tshokwane en Satara-ruskampe in die Krugerwildtuin staan die mees suidelike (wenk #1) natuurlike (nie geplant of oorgeplant nie) kremetartboom in Suid-Afrika.
Hy word sedert 1942 (wenk #2) deur wetgewing beskerm. Die kremetart is ’n genus van agt spesies (wenk #3) van bome, inheems aan Madagaskar (met ses spesies). Die San het geglo die boom is onderstebo (wenk #4) laat val.
16 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mbombela reënval

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots oor die reënvalsyfers.
16 Jan 8 min

Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot Noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die…
15 Jan 4 min

Nuwe rekord vir goudprys

Goud het gisteroggend tot 'n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud ook as 'n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning.
15 Jan 6 min

Rooi vlak 10-waarskuwing vir vandag en môre

Die weerwaarskuwing vir vandag vandag en môre is opgegradeer na ‘n rooi vlak 10 vir ontwrigtende reën in die Barberton, Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Bosbokrand, Letaba, Tzaneen, Phalaborwa en Giyani-areas. Weervoorspeller Abdul Ngcamu.
15 Jan 7 min

Meat World lief radio

Keagan Malyon, die bemarkingsbestuurder van Meat World het Sonop Ontbyt se ateljee kom opvrolik.
15 Jan 11 min