Laeveld Ervaring: Desember is reistyd na die Laeveld

Loading player...
Mense reis deesdae anders as voorheen, sê Linda Grimbeek van die KLCBT. Sy gesels voor die feestyd amptelik aanbreek met Robin oor hoe dinge verander het.
"Alles gebeur deesdae op die laaste minuut – selfs besprekings. Niemand weet hoe hul planne gaan uitwerk nie, so selfs oorsese besoekers besluit op die ingewing van die oomblik hulle kom volgende week en jy moet jou bemarking daarvolgens aanpas."
Verder is mense op soek na ervarings. "Hulle reis vir daardie kliek – waar kan hy die mooiste foto of video neem en nie van die berg nie, maar van hom wat by die berg afspring." Luister weer hier.
7 Dec 2022 Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

Fokus op mansgesondheid die maand

November is mansgesondheidbewustheidsmaand. Ons gesels met prof. Michael Herbst van KANSA oor prostaat- en testikulêre probleme.
25 Nov 19 min

Sportverslag met Anton 24 November

Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels oor die naweek se Springbok-oorwinning oor Ierland en die Proteas se aangaande kriekettoets teen Indië met Laeveld Brunch.
24 Nov 9 min

Fokus op borskanker die maand

Oktober is borskankerbewusmakingsmaand. Sharon Venter, KANSA se Koördineerder vir Versorgingsoorde in George en die Dienskoördineerder vir palliatiewe sorg, stomasorg en kliniekondersoeke in die Suid-Kaap en Karoo, gesels oor vrouegesondheid.
28 Oct 9 min

KANSA bied ondersteuning vir kinders

Kinders wat met kanker gediagnoseer word het spesiale behoeftes wat verskil van die van volwassenes. KANSA bied daarom spesifieke ondersteuning. Anina Meiring, dienstebestuurder van kinderkanker wat KANSA se TLC-program bestuur, wei daaroor uit.
30 Sep 12 min