
VF plus ontevrede oor toestand van Vrystaat Gesondheidsdienste
Die VF plus het kritiese vrae gevra oor die tekort aan personeel wat bydra tot die swak toestand van gesondheidsdienste in die Vrystaat. Dit aangesien die Vrystaatse Gesondheidsdiens 6 102 vakante poste het wat weens 'n gebrek aan fondse oop gebly het. OFM-Nuus se Bambatha Giko gesels met Adriaan de Bruyn van VF plus hieroor.