Kenner: Verbanning van veghonde nie die antwoord

Loading player...
Finland, Denemarke, Brittanje en dele van Duitslan en China verbied of het beperkinge op die eienaarskap en invoer van veghonde.
Na ‘n 10-jarige seuntjie in September deur sy gesin se eie honde doodgebyt is, het meer as 35 000 mense al die petisie vir soortgelyke wetgewing in Suid-Afrika geteken.
Laura McIntyre, ‘n veearts met 'n belangstelling in dieregedrag, gesels met Ludi en Mireille.
21 Oct 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mbombela reënval

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots oor die reënvalsyfers.
16 Jan 8 min

Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot Noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die…
15 Jan 4 min

Nuwe rekord vir goudprys

Goud het gisteroggend tot 'n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud ook as 'n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning.
15 Jan 6 min

Rooi vlak 10-waarskuwing vir vandag en môre

Die weerwaarskuwing vir vandag vandag en môre is opgegradeer na ‘n rooi vlak 10 vir ontwrigtende reën in die Barberton, Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Bosbokrand, Letaba, Tzaneen, Phalaborwa en Giyani-areas. Weervoorspeller Abdul Ngcamu.
15 Jan 7 min

Meat World lief radio

Keagan Malyon, die bemarkingsbestuurder van Meat World het Sonop Ontbyt se ateljee kom opvrolik.
15 Jan 11 min