Veiligheidskwessies wat toerisme raak kry aandag

Loading player...
‘n Toerisme lekgotla wat verlede week in die Laeveld gehou is, het verskeie veiligheidskwessies uitgelig.
Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld-sakekamer (KLCBT) sê hulle werk saam met die regering om die probleme op te los.
Die adjunkminister vir toerisme, Fish Mahlalela, het dit ook bygewoon en die Numbi-pad besoek, waar sukses reeds behaal is in samewerking tussen die private sektor en Mbombela-munisipaliteit.
Grimbeek sê strategieë word benodig oor hoe om onwettige immigrante, onwettige mynbou, groot vragmotors by die Lebombo-grenspos en op toeristepaaie, en protesoptrede te hanteer.
9 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

KLCBT hou volgende maand konferensie

Vanjaar fokus die KLCBT Konferensie vir 'n hele dag slegs op toerisme, en 'n vol dag slegs op sake. Linda Grimbeek vertel alles oor 11 en 12 Junie.
25 May 6 min

SANParke verskerp veiligheid na moorde in Krugerwildtuin

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Rey Thakhuli het meer.
25 May 6 min

Druipkoers vir leerling-rybewyse skiet die hoogte in

Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt.
22 May 10 min