Winkelsentrums skenk R50 000 aan Pumas vir welsynswerk

--:--
Valley Hyper en Crossing-sentrum het vandag aangekondig dat elk R25 000 vir die Pumas skenk om hul welwillendheidsorganisasies te ondersteun.
Pumas-hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle is betrokke by Cyril Clarke Sekondêr, Woodhouse weeshuis, en Cosmos.
Hy het saam met Anita McGarry met Mireille gesels.
25 Jul 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Marloth Park oorbevolk van diere

Daar is te veel diere in Marloth Park, maar hopelik vind hulle eersdaags 'n oplossing om hulle uit te dun wat nie die uitskiet van diere in hierdie residensiële area behels nie. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging sê hulle baklei al agt jaar lank met die plaaslike owerheid, Nkomazi-munisipaliteit.
28 Mar 16 min

Paartjie oorleef luiperd-aanval

’n Kampeerdery in die Kgalagadi-oorgrenspark het vroeër vandeesmaand ’n angswekkende beproewing vir die Kaapse egpaar, Gavin and Jill Allderman, geword toe ’n uitgehongerde luiperd hulle in die nag aangeval het. Dit is 'n storie wat jou hare laat rys.
27 Mar 15 min

Top kunstenaars die naweek in Marloth Park te sien

Die werke van top kunstenaars van regoor die land word hierdie naweek ten toon gestel tydens 'n spesiale kunsuitstalling in Marloth Park. Gavin Choni, van die kunshandelaars The Gavin Project, vertel meer.
27 Mar 8 min