Op my eish! 2: Episode 4: Lee-Anne Baker verlaat die reeks op 5 Mei

Loading player...
Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde.
Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Daarna het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe deelnemers vervang.
Verlede week het hy vir Rochelle Pretorius en Michelle du Toit gegroet en gisteraand Lee-Anne Baker (24) van Mosselbaai. Na haar vertrek het nog ‘n nuwe “wild card” by die reeks aangesluit.
Lee-Anne het met die Ontbyt-span gesels oor hierdie ervaring.
6 May 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Cupcakes 4 Kids with Cancer hierdie Saterdag

September is Bewusmakingsmaand vir Kinderkanker, en Saterdag sal die Laeveld by duisende Suid-Afrikaners aansluit vir die Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker. Jacki van Zyl vertel meer.
23 Sep 6 min

Groot Vyf in Konsert in die Kruger

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.
22 Sep 14 min

Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-hartbreek

Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.
22 Sep 10 min

Finale stemmery open vir Skryf'it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.
18 Sep 10 min