Dun die olifante uit! Krugerwildtuin verduidelik hoekom nie

Loading player...
Wilderness Search and Rescue vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik hervat word in die Krugerwildtuin, wat volgens sommige bronne net 7 000 olifante kan huisves. Daar is na raming tans sowat 40 000. Wildtuin woordvoerder, Ike Phaahla, sê egter hulle kan veel meer olifante akkomodeer as in vroeër jare. Die diere se getalle fluktueer ook baie. Hulle volg daarom 'n komplekse benadering om olifante se moontlike impak te bestuur.
Debat: kapasiteit

100 jaar gelede

Transfrontier-parke olifante kan migreer 40 000 – oor twee weke 20 000
Vrae oor hoeveel hulle het - observasie
Private reservate Heinings
Wetenskap
Opbserveer ander manière om olifante te bestuur, en
3 May 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Cupcakes 4 Kids with Cancer hierdie Saterdag

September is Bewusmakingsmaand vir Kinderkanker, en Saterdag sal die Laeveld by duisende Suid-Afrikaners aansluit vir die Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker. Jacki van Zyl vertel meer.
23 Sep 6 min

Groot Vyf in Konsert in die Kruger

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.
22 Sep 14 min

Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-hartbreek

Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.
22 Sep 10 min

Finale stemmery open vir Skryf'it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.
18 Sep 10 min