Op my eish! 2: Episode 3: Michelle du Toit en Rochelle Pretorius verlaat die reeks op 28 April

--:--
Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde.
Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Verlede week het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe dames vervang.
Gisteraand het hy vir Rochelle Pretorius en Michelle du Toit gegroet. Michelle het met die Ontbyt-span gesels.
29 Apr 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Pumas môre tuis teen Luiperds

Die Airlink Pumas en Suzuki Griekwas bly onoorwonne in die SA Beker-reeks met die poubloues bo-aan die punteleer weens hul beter punteverskil. Die pienktruie speel die naweek weer tuis, teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag. Hulpafrigter, Corné Steenkamp, gesels met Sonop Ontbyt.
26 Apr 8 min

NHS-revue 2024: Genres

Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 6 min

Beraad oor Bela eersdaags in Mbombela

Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 7 min