Wie sal as Mev. Mpumalanga 2022 gekroon word?

Loading player...
Die kroning van Mev Mpumalanga 2022 is om die draai en beloof om, soos elke jaar, 'n produksie uit die boonste rakke te wees.
Zane van Zyl, uitvoerende hoof van Mev. Mpumalanga, en Jacques Lombard, eienaar en bestuurende direkteur, vertel hoe 'n sterk groep deelnemers die kompetisie vanjaar gelok het, en hoe opgewonde hulle is oor die verkil wat elkeen hul gemeenskappe se lewens maak.
2 Feb 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Cupcakes 4 Kids with Cancer hierdie Saterdag

September is Bewusmakingsmaand vir Kinderkanker, en Saterdag sal die Laeveld by duisende Suid-Afrikaners aansluit vir die Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker. Jacki van Zyl vertel meer.
23 Sep 6 min

Groot Vyf in Konsert in die Kruger

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.
22 Sep 14 min

Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-hartbreek

Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.
22 Sep 10 min

Finale stemmery open vir Skryf'it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.
18 Sep 10 min