#DateAPuma: Eduan Swart

Loading player...
Die maand van liefde het aangebreek en hierdie Valentynsdag kan jy die geleentheid kry om saam met ‘n Pumas-speler op ‘n afspraak te gaan.
‘n Hele klomp van hierdie jongmans het hul name in die ring gegooi om ‘n bietjie nuwe mense te ontmoet – natuurlik van die skoner geslag.
Eduan Swart (21), speel haker en is oorspronklik van Pretoria.
As jy dink julle twee sal dalk goed klaarkom, stuur vir ons ‘n WhatsApp-boodskap waarin jy ons 'n bietjie meer van jouself vertel. Merk dit net met die hitsmerk #DateAPuma.
2 Feb 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Laevelders wen Expedition Africa

Die Laeveld se Expedition Africa Adventure Race-span, Jabberwock, het op 20 Maart 'n naelskraapse oorwinning in die 2026 Drakensberg resies behaal na 'n uitmergelende 500 km om die wenstreep voor die Russiese nasionale span, Wild Trials, oor te steek. Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell en DeWaal Visser is die…
27 Mar 15 min

Skenk bloed by i'langa môre

SANBS hou môre weer 'n bloedskenkingsveldtog by i'langa Mall 09:00 tot 17:00. Palesa Mazibuko kuier by Sonop Ontbyt.
27 Mar 11 min

Geraas: 'n Ode aan ADHD

Die plaaslike rocker en radio-omroeper Coenie Naudé se jongste enkelsnit klink soos niks wat jy al uit sy pen gehoor het nie. Geraas word môre amptelik vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
26 Mar 14 min

NLP kan jou angs in die rede val

Jess Burgess, 'n NLP-praktisyn, bied volgende naweek 'n werkswinkel aan om jou te help om jou angs beter te beheer. Sy gesels met die Middag Game Drive.
25 Mar 12 min

LVCC Rolbal vier 75 jaar

Rolbal geniet 'n oomblik in die son met gewildheid wat toeneem. LVCC se rolbalklub is vanjaar 75 jaar oud. Stan Stanton en Charles Davies gesels met ons.
24 Mar 11 min