Sensus 2022 breek aan

Loading player...
Die 2022-sensus het aangebreek. Die volkstelling skop op 3 Februarie af. Huishoudings het tot middernag Maandag, 31 Januarie, om te registreer.
Robert Thenga van Statistieke Suid-Afrika in Mpumalanga verduidelik dat mense vooraf moet registreer en kan kies of hulle in persoon, telefonies of aanlyn die vraelys in wil vul.
Registreer hier: https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home (Dit verg nie selfoondata nie). Om 'n sensusopnemer te verifieer, skakel 0800-110-248.
28 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

KLCBT hou volgende maand konferensie

Vanjaar fokus die KLCBT Konferensie vir 'n hele dag slegs op toerisme, en 'n vol dag slegs op sake. Linda Grimbeek vertel alles oor 11 en 12 Junie.
25 May 6 min

SANParke verskerp veiligheid na moorde in Krugerwildtuin

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Rey Thakhuli het meer.
25 May 6 min

Druipkoers vir leerling-rybewyse skiet die hoogte in

Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt.
22 May 10 min