Nellies-juffrou 'n finalis vir Onderwyser van die jaar-toekenning

--:--
Hoërskool Nelspruit se juffrou Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning.
Dit poog om merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk.
In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys.
Stemme van die publiek bepaal nou watter hoërskool- en laerskool-onderwyser as onderwyser van die jaar aangewys sal word. Prysgeld ter waarde van R26 500 is ook op die spel.
Bekker sê die nominasie is ‘n groot eer.
28 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Polisie op spoor van verdagtes wat juwelierswinkel in Nelspruit beroof

Die polisie is op soek na verdagtes wat na bewering Donderdagoggend 'n juwelierswinkel in Nelspruit beroof het. Twee verdagtes het glo die winkel bestorm, werknemers met vuurwapens gedreig en kontant geëis. Hulle het personeel beveel om die kluis oop te maak en het ook die werknemers van juweliersware, selfone en…
15 Apr 1 min

Willewragtag met passie vir karre

Pieter Landman en Marina Coetzee het vir Skedaddle meer vertel oor die Nkomazi 400 wat die naweek plaasvind. Pieter het ook sy ervaring by vanjaar se Dakar-tydren gedeel.
15 Apr 27 min

Els for Autism SA besoek Laeveld

Els for Autism SA het begin om uit te reik na ander provinsies en is in die Laeveld om onderwyser-opleiding by Pro-Gratia-leersentrum te bied. Vanaand bied hulle ook'n spesiale sessie vir ouers.
12 Apr 12 min