Laevelders spog met Spingbokkleure in koorsang

--:--
Vyf Laeveld-leerlinge het onlangs hul Springbokkleure ontvang as lede van die Mpumalanga-jeugkoor na die koor ‘n eerste en tweede plek behaal het by Talent America in Desember.
Almal is leerlinge aan Curro Nelspruit: Eleanor Schwirzer, Danika van Deventer, Janno Janse van Rensburg, Christiaan Burger asook Max Schwirzer (hy en Eleanor is broer en suster) wat verlede jaar ‘n matrikulant aan dié skool was ten tyde van die kompetisie.
28 Jul 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Marloth Park oorbevolk van diere

Daar is te veel diere in Marloth Park, maar hopelik vind hulle eersdaags 'n oplossing om hulle uit te dun wat nie die uitskiet van diere in hierdie residensiële area behels nie. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging sê hulle baklei al agt jaar lank met die plaaslike owerheid, Nkomazi-munisipaliteit.
28 Mar 16 min

Paartjie oorleef luiperd-aanval

’n Kampeerdery in die Kgalagadi-oorgrenspark het vroeër vandeesmaand ’n angswekkende beproewing vir die Kaapse egpaar, Gavin and Jill Allderman, geword toe ’n uitgehongerde luiperd hulle in die nag aangeval het. Dit is 'n storie wat jou hare laat rys.
27 Mar 15 min

Top kunstenaars die naweek in Marloth Park te sien

Die werke van top kunstenaars van regoor die land word hierdie naweek ten toon gestel tydens 'n spesiale kunsuitstalling in Marloth Park. Gavin Choni, van die kunshandelaars The Gavin Project, vertel meer.
27 Mar 8 min