Prof. Christof Heyns praat oor sy loopbaan, menseregte en die moord op sy pa

--:--
Die dood van prof. Christof Heyns het nie net as as ‘n skok gekom vir vriende en familie nie, maar ook vir talle mense in akademiese- en regskringe. Linda van Tilburg, oud TV-joernalis, het hierdie onderhoud in Oktober verlede jaar met hom gevoer nadat hy besluit het om hom nie weer beskikbaar te stel as lid van die Verenigde Nasies se Menseregte-komitee nie hoewel die regering wou gehad het hy moes vir nog ‘n termyn dien. Heyns was die afgelope dekade instrumenteel in die herskryf van internasionale protokolle oor menseregte, eers as ‘n spesiale rapporteur van die VN en die afgelope vier jaar as ‘n lid van die Menseregte-komitee. Hy was as ‘n spesiale rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings lid van ‘n span wat die Minnesota Protokol herskryf het. Dié ervaring het hom in staat gestel om protokolle te verander wat tot ‘n beter ondersoek kon gelei het na die moord op sy pa, prof. Johan Heyns voormalige moderator van die NG Kerk. Sy pa is op die aand van Guy Fawkes-dag in 1994 deur ‘n sluipmoordenaar doodgeskiet. Sy moordenaar is nooit gevind nie. Heyns het in die onderhoud vertel van sy werk as ‘n internasionale menseregtekenner wat meegebring het dat hy by by verskeie internasionale universiteite klas gegee het, hoe hy die bekende menseregte-prokureur Amal Clooney ontmoet het, die land waarin hy verbied is om ooit weer sy voete te sit, wat hy van sy pa se onopgesloste moord en die toekoms van menseregte in die wêreld dink.
29 Mar 2021 Afrikaans South Africa News · Daily News

Other recent episodes

LUISTER | Stemboodskappe tussen kunstenaar, kliënt

Stemboodskappe wat Santha Vermaas, 'n Pretoriase kunstenaar, aan een van haar vermeende slagoffers gestuur het nadat die vrou vrae begin vra het oor geld wat sy betaal het vir goedere wat sy glo nie ontvang het nie.
12 Jul 2023 12 min

LUISTER | Steenhuisen betuig medelye

John Steenhuisen, leier van die DA, het Maandag sy medelye oor die dood van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, ANC-LP en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, uitgespreek.
5 Jun 2023 1 min

LUISTER | Telefoongesprek oor Cloete Murray maak opslae

’n Telefoongesprek tussen twee likwidateurs enkele dae ná die koelbloedige moorde op die bekende likwidateur Cloete Murray, en sy seun Thomas, maak wyd opslae. Karen Keevy, wat vandeesweek as mededirekteur van Commonwealth Trust in Alberton bedank het, beweer in die gesprek met Johan Engelbrecht hulle het almal geweet “dis net…
29 Mar 2023 2 min