Pasop vir krokodille in die Laeveld se water

Loading player...
Na raming word steeds sowat 100 krokodille vermis na hulle einde Januarie uit hul teelplaas naby Hazyview ontsnap het.
Chris Hobkirk van die Agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga (MTPA) het met Sanett gesels oor die groot moontlikheid dat hulle steeds in die omgewing van Kiepersol, Hazyview, die Sandrivier, Da Gama-dam en plaasdamme in die omgewing aangetref gaan word.
Hulle is baie gevaarlik, waarsku Hobkirk, en sê dié spesifieke krokodille is gemiddeld 2,5m tot 3m lank.
Verder assossieer hulle mense met kos – en sal geneig wees om nader te kom. En, natuurlik, sien jy hom nie maklik nie.
Luister hier net hoe gevaarlik plaaslike watergate tans weens hul teenwoordigheid is.
23 Mar 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Ampie gesels met Sonop oor 'Geraas'

Die bekende sanger Ampie het saam met Coenie Naudé sy liedjie "Geraas" opgeneem en sommer die blues-rock-kitaarspeler, Dan Patlansky, wat internasionaal wyd erken word, genader vir 'n solo. Dit is vandag vrygestel.
27 Nov 12 min

Veiligheid gedurende skoolvakansie

Die skoolvakansie is om die draai en baie kinders gaan gedurende die dag sonder volwasse toesig by die huis wees of by vriende kuier. Callum MacPherson gesels met Laeveld Brunch oor veiligheidskwessies wat ouers vooraf met hul kinders moet bespreek.
26 Nov 11 min

Londen wink vir passievolle plaaslike dansers

Twee passievolle plaaslike dansers, Eva Joannou (18) en Tenei Stander (17) is op pad om in Maart aan die Move It Dance Convention in Londen te gaan deelneem. Hulle deel hul liefde vir die uitvoerende kunste met die Middag Gam Drive.
26 Nov 9 min

Help Luca om na 'n meer onafhanklike toekoms te stap

Die vierjarige Luca Naidu is sowat twee jaar gelede met periventrikulêre leukomalasie (PVL) gediagnoseer. Weens dit het Luca spastiese diplegie ontwikkel – 'n vorm van serebrale gestremdheid. Sy ma, Nikita Naidu, vertel meer oor die mediese behandeling wat hy benodig.
25 Nov 5 min