
O my volk!
Na vyf jaar in die wonderlikste land in die wêreld, Switserland, het dr. Antoinette van der Merwe en haar gesin besluit om terug te trek na Suid-Afrika, bestemming van moord, roof, beurtkrag en korrupsie. In dié reeks neem sy haar besluit om terug te keer onder die loep en gesels met ander Suid-Afrikaners wat dieselfde gedoen het.
