Maroela Media Katbosbult

Katbosbult

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop.

Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp.

Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt.

Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans.
Afrikaans South Africa Drama
121 Episodes
20 – 40

Katbosbult – Episode 20

Dis uiteindelik die groot aand: Leonardo se nuwe restaurant se inwyding. Almal wat saak maak is daar. Reggie konkel slim om seker te maak haar gunsteling daag ook op. En raai wie verdwyn laat aand eerste by die restaurant se deure uit?
Season 1 / Episode 20 10 min

Katbosbult – Episode 21

Monique is omgekrap … en iemand moet dit ontgeld. Die dorp gons oor skandes wat in die goedkoop motel buite die dorp gemaak is. Sersant Johnson is op ʼn missie … of twee.
Season 1 / Episode 21 10 min

Katbosbult – Episode 22

Dis Monique se dag en sy blom: Eers is sy die ster by Laerskool Katbosbult en toe is dit die opening van haar Hekelhoek-projek. Dis net Sersant Johnson wat so ongevraagd lastig is en bly … maar hy’t ʼn rede daarvoor.
Season 1 / Episode 22 10 min

Katbosbult – Episode 23

Eppo glo vas Reggie soek werk oorsee en dit dryf hom teen die mure uit dat sy nie oop kaarte met hom daaroor speel nie. Iemand dra ontstellende stories by Reggie se baas aan.
Season 1 / Episode 23 10 min

Katbosbult – Episode 24

Chrissie is lelik vies en Leonardo moet dit ontgeld. Hy doen fyn voetwerk om al die kartetse (kanonskote) te ontduik. Die skandes in die goedkoop motel buite die dorp wil maar net nie verdwyn nie.
Season 1 / Episode 24 9 min

Katbosbult – Episode 25

Chrissie besluit dis tyd dat haar uitvoerplanne begin vlerke kry, maar dis nie al wat sy in die mou voer nie. Monique is buite haarself van woede. Die aaklige insident by haar skoenwinkel is vir haar ʼn oorlogsverklaring.
Season 1 / Episode 25 11 min

Katbosbult – Episode 26

Eppo beleef ʼn onverwagse terugslag wat hom ruk. Die skandes van die motel buite die dorp kry nog ʼn stertjie by met meer gevolge. Shirley is vol planne, maar besef toenemend hoe groot die gaping is tussen die teorie en die praktyk … en sy neem ʼn besluit.
Season 1 / Episode 26 10 min

Katbosbult – Episode 27

Chrissie se verbeelding gaan op hol die oomblik toe sy uitvind Eppo is vir ʼn paar dae na ʼn onbekende bestemming. Sersant Johnson is vasberade om sy dae van sukkel agter hom te sit. Hy pak die bul by die horings, maar almal is nie gelukkig oor sy planne nie.
Season 1 / Episode 27 11 min

Katbosbult – Episode 28

Daar is pandemonium op Katbosbult se dorpsplein. Shirley het nie in haar wildste drome gedink dit sal ooit vir haar nodig wees om verpleegster te speel nie. Chrissie is erg ontsteld … en met rede. Die spook oor Reggie se gewerkery oorsee loop steeds. Dan tref nog ʼn drama die…
Season 1 / Episode 28 11 min

Katbosbult – Episode 29

Daar is net een mens se naam vandag op almal se lippe. Katbosbult is hartseer. Slegte dinge gebeur ook met goeie mense. Waarom sou Monique so ingenome wees? Reggie word verras met nuus en ʼn versoekskrif wat haar onkant vang.
Season 1 / Episode 29 10 min

Katbosbult – Episode 30

Katbosbult is in rou gedompel. Dis die grootste begrafnis in die dorp se geskiedenis. Eppo besluit om ʼn nuwe blaadjie om te slaan en sit planne in werking. Iets jaag hom egter en hy besluit om op te tree.
Season 1 / Episode 30 10 min

Katbosbult – Episode 31

Brian Barkley bly aan in Katbosbult ná Barbara Barkley se begrafnis. Dit laat Eppo soos ʼn kat op ʼn warm plaat optree. Hy daag skielik oral op met sy verkyker en maak die slimste planne. En net toe hy ontspan, kry hy die skok van sy lewe.
Season 1 / Episode 31 11 min

Katbosbult – Episode 32

Shirley en Reggie se reis na Mosselbaai verloop nie sonder voorval nie. Shirley se besoek aan die aalwynfabriek in Albertinia gooi koue water op haar planne en dwing haar om te besin. Daar wag ʼn onverwagse besoeker op hulle by hulle gastehuis in Mosselbaai.
Season 1 / Episode 32 12 min

Katbosbult – Episode 33

Kyk wie erf Barbara Barkley se spoghuis! Chrissie se nuwe voorneme ontlok glad nie die reaksie waarop sy gehoop het nie. Dis duidelik dat Katbosbult in is vir konflik en hope daarvan … en daar’s ʼn verdere belangrike twispunt.
Season 1 / Episode 33 10 min

Katbosbult – Episode 34

Die werk op Halfmens vorder goed. Chrissie kry ʼn besoeker op die plaas met ʼn versoek wat sy nie voorsien het nie. Monique kry ʼn tas voor Hekelhoek, en daar word ingetrek in oorlede Barbara Barkley se spoghuis.
Season 1 / Episode 34 10 min

Katbosbult – Episode 35

Twee inwoners in die dorp besluit om saam te werk om na Reggie se belange om te sien. Hulle neem belangrike besluite oor haar. Monique tel spoed op om Chrissie in haar spore te stuit.
Season 1 / Episode 35 10 min

Katbosbult – Episode 36

Chrissie is op die oorlogspad en iemand moet dit ontgeld. Eppo eindig onverwags in die polisiestasie op. Chrissie kry ʼn aanbod wat sy kwalik kan weier. Daar word met moeite gedraf, maar ʼn nuwe span sing lekker op Katbosbult!
Season 1 / Episode 36 10 min

Katbosbult – Episode 37

Reggie word met ʼn skaapboud verras … en iemand bel haar knaend. Shirley word uit die bloute op toer geneem. Sy kry ook ʼn fyn berekende aanbod. Daar is iemand wat haar beïnvloed om ʼn teenaanbod te maak …
Season 1 / Episode 37 10 min

Katbosbult – Episode 38

Vandag word Reggie se dag op sy kop gekeer. Sy kry die een uitnodiging na die ander en dis almal interessante afsprake en ongewone uitnodigings. Daar’s egter ʼn gesegde: “There’s no such thing as a free lunch.”
Season 1 / Episode 38 10 min

Katbosbult – Episode 39

Iemand kom skinder lekker by Eppo terwyl hy ʼn vleisie staan en braai. Shirley word met ʼn lêer verras … veral die inhoud daarvan. Sy is ernstig op soek na grond waarop sy haar aalwynboerdery kan begin, en gaan kyk na nog ʼn plaas. Maar, wie is die eienaar daarvan…
Season 1 / Episode 39 10 min
20 – 40