OFM Die Boekklub Klub

Die Boekklub Klub

Die Boekklub klub is hier vir jou, om alleen by aan te sluit of saam met die lede van jou eie boekklub. Die potgooi se lede is afkomstig van die Audrey Muller Boekklub, en bestaan uit lede Nikki van der Linde, Maggie Erasmus, Lorinda van Niekerk, Margite Barrette, Nanette Mulder en Jani van der Merwe. Maar hoekom dan die Audrey Muller boekklub? Sy is nie gelys as een van die lede nie. Wel, dis eintlik ‘n lang storie, maar opgesom, was Audrey Muller ‘n liewe vriendin wat ‘n buurt bymekaar gebring het deur haar eie baie ‘casual’ boekklub te stig. Ongelukkig is Audrey gediagnoseer met brein kanker en is slegs ‘n maand na haar diagnose oorlede. Die boekklub is gestig ter nagedagtenis aan Audrey en wat sy vir haar vriendinne beteken het.
Occasionally Afrikaans South Africa Books · Books
6 Episodes

Die Goeie Suster deur Henda Olivier

Die Boekklub is mal oor die intrige wat Henda Olivier skep met haar karakter Mila, luister hoe die karakter jou op 'n 'rondomtalie' reis van haar psige neem, en ons spesiale gas..,. die skrywer self!
7 Jun 2023 37 min

The Reader deur Bernhard Schlink

Die Boekklub delf diep met die ene. The Reader, deur Bernhard Schlink, ondersoek temas van liefde en skuld, skaamte en verlies op beide persoonlike en nasionale vlak, deur die komplekse en roerende verhouding tussen Michael Berg en Hanna.
2 May 2023 53 min

Deon Meyer - Koors

Luister lekker saam na die bespreking van Deon Meyer se post apokaliptiese roman: Koors. Nikki, Maggie, Lorinda, Nanette, Margite en Jani pak die boek aan en vertel hoekom, of hoekom nie, dit op jou lees lys moet wees.
10 Apr 2023 28 min