JacPod True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land.

Seisoen 4 sluit ook 'n episode in waar die moord se tentakels gestrek het tot in naburige Botswana.

Dis deel van die nuwe reeks wat op 17 Maart 2026 begin.

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks.
Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe:
* Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa
* Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards
* Top 5 Episodes op Spotify in 2024
* Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African
* Podcasters Guild Toekennings
* Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards
* Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards
* Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022

Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe:

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het.

Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!
Weekly Afrikaans South Africa True Crime
27 Episodes
20 – 27

Die Krugersdorp-moordenaars

Krugersdorp het Suid-Afrika in 2019 geskok toe 'n bisarre storie aan die lig gekom het oor die moorde op 11 mense in dié gebied aan die Wes-Rand. Ses inwoners is skuldig bevind dat hulle 'n terreur bewind gevoer en die moorde gepleeg het in die naam van Christenskap, satanisme, jaloesie…
17 Nov 2022 1 hr 29 min

Die verdwyning van Natasha Viljoen

Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in a hospitaal in Gauteng. Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar nie. Gerda de Sousa vertel dié ware en onopgeloste misdaad verhaal in die vyfde episode…
10 Oct 2022 52 min

Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole

Moses Sithole het in die vroeë 1990s sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland. Sithole is in die geskiedenis boeke aangeteken as die veroordeelde reeksmoordenaar met een van die meeste slagoffers ooit. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die vierde episode van True…
26 Sep 2022 1 hr 22 min

Die Griekwastad Moorde

Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas net buite Griekwastad. Hulle 15-jaar oue seun en broer, Don Steenkamp, het dié klein gemeenskap en die land tot stilstand geskok toe hy skuldig bevind is. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad…
12 Sep 2022 1 hr 25 min

Die Engel van Vanderbijl

In 2002, is Marietjie Prinsloo en haar Krion maatskappy ontmasker as een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis. Met haar val, het Prinsloo die inwoners van ‘n hele dorp op hulle knieë gedwing. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die tweede episode van True…
30 Aug 2022 39 min

Die Lotter Gesinsmoorde

Johnny en Riekie Lotter is in 2008 wreed in hulle huis in Westville, Durban, vermoor. Dit het gelei tot die ontrafeling van ‘n verhaal van beheer, okulte gedrag en leuens wat Suid-Afrika geskok het. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die eerste episode van True Crime South…
16 Aug 2022 1 hr 28 min

Splinternuut en eksklusiewe podgooi op JacPod

As jy hou van ware misdaad verhale, is hierdie 'n podgooi wat jy nie kan mis nie. 'n Eerste ooit vir JacPod, 'n nuwe reeks van ses Afrikaanse episodes waarin ons jou meer vertel oor van die mees berugte misdaad intriges ooit in Suid-Afrika. Luister van 16 Augustus 2022!
15 Aug 2022 1 min
20 – 27