Preek Opnames

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Christianity
86 Episodes
40 – 60

Erediens - 07 Mei 2023 (Deaf Friendly Erediens)

Prediker: Nadia Muller Teks: Psalm 43 Tema: Wie s’n is ek? Augustinus het gesê: Ons moet ophou vra “wie is ek”, “wat is my doel”… en eerder vra; “Wie s'n is ek?”.
7 May 2023 24 min

Erediens - 30 April 2023

Tema: Is die Goeie Herder vir jou genoeg? Teks: Psalm 23 en Johannes 10. STAAN jou geloof, vertroue en verhouding met Jesus - al word jou godsdiens, teologie, en waardes uitgedaag?
30 Apr 2023 25 min

Erediens - 02 April 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Markus (Verskeie) Tema: ’n Pad van konflik! Ons is saam met Jesus op Sy kruispad en Hy saam met ons op ons lewenspad. Dit sou heerlik wees indien hierdie pad “smooth sailing” kon wees, maar dit is bykans net mooi die teenoorgestelde. Jesus se lewens- en…
2 Apr 2023 35 min

Kinderdiens - 12 Maart 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 8 Tema: Lewe op die kruispad: Wie sê JY is Jesus? Jesus het baie lyding deurgemaak sodat ek en jy in Sy genade kan leef. In ander woorde: sodat ek en jy altyd kan weet: 
a) Hy is lief vir ons, selfs al maak ons…
14 Mar 2023 24 min

Erediens - 26 Februarie 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Mar. 1-2 Tema: Lewe op die kruispad. Hierdie Lydenstyd gaan ons kyk na Jesus se lewe soos dit in die Markus evangelie vertel word. Dus gaan ons vir die volgende paar weke vertroud raak met die skrywer, lesers en persoon van Jesus in Markus.
26 Feb 2023 28 min

Erediens - 15 Januarie 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 2 Tema: Water na Wyn Toe Jesus water in wyn verander, was dit die eerste teken, waartydens Hy as God herken is, want Hy gee oorvloedig genade, Hy is voluit mens, Hy red en Hy doen die onmoontlike. Wat beteken dit in 2023 vir my…
15 Jan 2023 24 min

Erediens - 21 Augustus 2022

Prediker: Nadia Muller Teks: Spr. 2 Ons het oor keuses gesels. So baie hiervan maak ons daagliks sonder om werklik daaroor na te dink, of selfs vir God vir leiding te vra. Sommige hiervan is klein, en sommige groot. Hoe sou dit wees as ons God ken in elke keuse?…
21 Aug 2022 40 min

Erediens - 14 Augustus 2022

Prediker: Nadia Muller Teks: Op. 19 Ons het Sondag by die tafel aangesit (nagmaal), nie as 'n sommer-so mens nie, maar as die BRUID van Christus.
14 Aug 2022 23 min

Erediens - 24 Julie 2022

Prediker: Nadia Muller Teks: Mat. 11 “Wees STIL en weet, ek is die Heer.” Stiltetyd beteken om AFGESONDER en STIL te wees voor God. Of is daar meer aan dit........?
29 Jul 2022 21 min

Erediens - 17 Julie 2022

Prediker: Nadia Muller Tema: reDIVINE - Verbond Teks: Genesis 17 Tydens die diens is Benru Buys gedoop.
17 Jul 2022 28 min

Erediens - 26 Junie 2022

Prediker: Nadia Muller Tema: reDIVINE - Swakhede Teks: 2 Kor. 12 Leonard Cohen sing 'n lied met die woorde: "Every pot has a crack, and that is how the light gets in". Hoe maak jy met jou eie krake? Hoe dink die Here oor jou krake?
26 Jun 2022 27 min

Erediens - 19 Junie 2022

Prediker: Nadia Muller Teks: 1 Kon. 19 Tema: reDIVINE Mislukking Nadia verwys na 'n lied wat sy gaan speel... vir kopiereg redes kan ons nie die lied as deel van die opname speel nie. Wanneer sy daarna verwys, pause asb. eers die opname en luister na die lied: https://www.youtube.com/watch?v=-4Nx2hEhVRE
19 Jun 2022 30 min

Erediens - 05 Junie 2022 (Pinkster - Deel 4)

Tema: Saam eet aan tafel Prediker: DJ Muller In 2022 se Pinksterreeks fokus ons op die "ons-wees" van ons geestelike familie. Handelinge 2 vorm die basis vir ons besprekinge.
5 Jun 2022 32 min
40 – 60