'n Nuwe jaar en 'n klomp nuwe dinge, maar ook die begin van die 2022 Carling Curriebeker seisoen en ons kuier saam met Angus Opperman en Jacques "Mier" Terblanche wat met ons gaan gesels oor die naweek se wedstryde wat kom.
Hein en Cappy kuier saam met Angus Opperman en gesels oor die naweek se plaaslike wedstryde tussen die Sharks en Bulls en Stormers en Lions en hulle deel ook uitstaan oomblike van die afgelope jaar.
In hierdie episode van Die Losgemaal nooi Hein en Cappie ons kykers om saam te gesels oor alle rugby sake en kyk hulle voorentoe na die naweek se URC kragmetings.
Daar is n spesiale titel wat sedert 1871 meegeding word, maar eers onlangs begin opslae maak het en die Springbokke is tans die houers van die Raeburn Skild en #DieLosgemaal span gesels met die man wat alles beheer.
Ons kuier saam Gareth Mason op #DieLosgemaal en bespreek die naweek se groot stryd tussen Engeland en Suid-Afrika en ons mag dalk oor ander belangrike dinge ook gesels.
Die manne kuier saam voormalige Springbok skrumskakel Deon de Kock in hierdie episode van #DieLosgemaal en bespreek die naweek se wen oor Wallis en ook wat die Bokke teen die Skotte kan verwag.
Die Drake van Wallis wag en die Bokke is reg en die manne van #DieLosgemaal gesels in hierdie episode saam Jacques "Mier" Terblanche oor die vooruitsigte vir die naweek se Toets.
Bevin Fortuin kuier saam die span in hierdie episode van #DieLosgemaal waar hulle die Springbok toer na Europa bespreek en kyk na die moontlike spankeuses en wat verwag kan word van die Bokke en hulle kyk ook terug na hierdie presiese dag in 2019 to die Bokke die Wêreld Kampioene…
Ons manne kuier saam met Virgil Rule en gesels oor Morné Steyn se uittrede van Internasionale rugby, die Bokspan wat Europa gaan aanvat en ook bespreek hulle die URC.
Na n besonderse goeie rondte in die Verenigde Rugby Kampioenskap in week 3 van die toernooi vir die Suid-Afrikaanse spanne kuier Jacques "Mier" Terblanche by ons en kyk die manne na rondte 4. Ons vier ook ons eerste verjaarsdag met bekendes.
Hein en Cappie verwelkom Jonathan Mokuena en Virgil Rule op Die Losgemaal en bespreek die Springbokke se afgelope Castle Lager Rugby Kampioenskap vertonings en die pad voorentoe.
Dit is die finale rondte van die Rugby Kampioenskap en ook die 2de rondte van die Verenigde Rugby Kampioenskap en die manne gesels oor die moontlike vooruitsigte vir die Bokke en die Suid-Afrikaanse spanne die naweek.
Ons kyk terug na die 100ste Toets tussen die Springbokke en All Blacks en ons gesels ook oor die 1ste rondte van die Verenigde Rugby Kampioenskap wat die naweek verby is.
Cappie gesels met Jacques "Mier" Terblanche en Faan Basson oor die 100ste Toets tussen die Springbokke en die All Blacks en bespreek ook die splinter nuwe Vodacom Verenigde Rugby Kampioenskap wat die naweek afskop.
Die eerste dame van Springbok rugby, Annelee Murray wat ook die eerste dame ooit op Die Losgemaal is kom gesels met Cappie en Hein oor haar boek van haar 20 jaar avontuur saam met die Wêreld Rugby Kampioene.
'n Ou bekende, Braam van Straaten loer in by Die Losgemaal en gesels saam met Hein en Cappie oor hierdie naweek se stryd tussen die Springbokke en Wallabies en deel ook baie oor skop tegniek.
Ons kuier saam voormalige Leeus en Saracens haker, Ethienne Reynecke en Tinus van Staden, die skrywer van sy nuwe boek Rateltaai. Ons gesels ook soos altyd natuurlik oor rugby!
Dit is weer sulke tyd en Hein en Cappie het elkeen n gas wat saam hul saak gaan maak om hul span die beste kans te gee vir die naweek se Carling Curriebeker Eindstryd. Gaan dit die Bulle of Haaie wees, net tyd sal leer.
Hein en Cappie gesels met 5 van ons gereelde gaste en pols hulle om te hoor waarom hulle dink wie die gunsteling vir die Curriebeker Eindstryd hierdie naweek gaan wees tussen die Vodacom Bulls en Cell C Sharks.
7 Sep 2021
1 hr 14 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.