Die DA in Thaba Chweu oorweeg dit om weer kriminele klagtes teen die plaaslike munisipaliteit te lê weens die verontagsaming van ‘n hofbevel wat verlede jaar teen hulle uitgereik is en ten opsigte van oortreding van omgewingswetgewing en hul versuim om te voldoen aan die voorwaardes soos vervat in die…
Die Curriebeker skop die naweek af met die Cheetahs wat weg speel teen die 2022 finaliste, die Griekwas vanaand. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, speel Sondag hul eerste wedstryd weg teen die Bulle in Pretoria. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hul doelwit is om hul titel te verdedig na hul…
Die Mpumalanga onderwysdepartement het sy medelye betuig aan die skoolgemeenskappe wat geruk is deur ‘n noodlottige ongeluk op die N4 vanoggend. Twee minibus-taxi’s en ‘n vragmotor het tussen Vosman en eMalahleni gebots. Leerlinge van Ezinambeni was onderweg na Duvha Primary, Laerskool Tasbet, Ilanga Sekondêr, Greendale Combined en TP Sililo Sekondêr…
Die DA in Mpumalanga het gemengde gevoelens oor die begrotingsrede wat Dinsdag deur die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumelelo Hlophe, gelewer is. Bosman Grobler sê hulle is bekommerd dat daar geen strategie is om armoede te verlig nie en dat die provinsie homself nie kan befonds nie,…
Negentien mense het in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Mediese Skemas. Volgens die Valke het hulle die mediese fonds, Gems, uit 2-komma-3-miljoen-Rand bedrieg. Hul borg wissel van een-duisend tot vyf-duisend-Rand. Een beskuldigde, ‘n pensioenaris, is op waarskuwing vrygelaat. Die saak kom weer…
Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanvaar dat daar 'n chroniese tekort aan ambulanse in die provinsie is en iets daaromtrent doen. Jane Sithole sê nooddienste neem gevolglik baie lank om op noodgevalle te reageer. Die departement se jongste kwartaalverslag dui aan dat 100-persent…
‘n Man van Zimbabwe en ‘n vrou van Mosambiek is Woensdag tydens ‘n stop- en deursoek operasie by die Lebombo-grenspos aangekeer in besit van vervalste goedere. Volgens die Valke was hulle vanaf Mosambiek na Suid-Afrika op pad. Klere en skoene met nagemaakte handelsmerke van Nike, Adidas, All Star, Chanel, Louis…
‘n 21-jarige man sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn, na hy glo sy drie weke oue babaseuntjie keelaf gesny het. Volgens die polisie het hy Woensdag die kind by sy 15-jarige ma afgeneem in Middelplaas buite Malalane. Toe hy hom teen gisteroggend nog nie terugbesorg het nie, is die saak…
# 'n Man is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die ma van sy twee kinders. Moses Jabulane Gama (59) is Woensdag in die Chief Albert Luthuli-streekshof gevonnis. Hy het Ntombanyana Nkosi in Maart 2019 verskeie kere by haar vriend se huis geskiet. Hy het homself aan die polisie…
‘n Jongman het gister verdrink toe hy ‘n 10-jarige seun van verdrinking gered het in die Mzinti-rivier in Tonga. Die 22-jarige Mpumi Ntiwane het saam met vriende visgevang toe hy en die kind besluit het om oor te swem. Die seun het in die moeilikheid beland en Ntiwane het hom…
Die DA in Mpumalanga sê al 17 plaaslike munisipaliteite sowel as die drie distrikte kan nie behoorlike dienste lewer nie weens hul eie mislukking om gelde wat aan hulle verskuldig is, in te samel. Volgens Trudie Grovè-Morgan het die geld wat plaaslike owerhede gevolglik hul krediteure skuld tussen 2019/20 en…
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel. Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat slegs 33-persent van moordverdagtes in hegtenis geneem word. Volgens die verslag het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde…
Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC-regering in Nkomazi-munisipaliteit daarvan dat hy die nasionale ramptoestand gebruik om kaders te bevoordeel. Nkomazi is ernstig geraak deur onlangse vloedskade wat tien lewens in die provinsie geëis het. Raadslid Nhlonipho Dlamini sê ‘n tydelike rampbestuursentrum is by Kamahlushwa-stadion opgerig met ‘n markiestent wat…
Negentien burgers van Bangladesh is gister deur die polisie in Kamagug van mensehandelaars gered. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die Ehlanzeni Intelligensie taakspan het die deurbraak gemaak. Die 19 mans was in 'n drie-slaapkamer huis en hul selfone is by hulle afgeneem. 'n 52-jarige Bangladeshi man wat as die huishoudster…
‘n Verdagte is aangekeer wat na bewering ‘n vrou en haar drie kinders met ‘n byl doodgekap het in Piet Retief. Die polisie in Mpumalanga het Vrydag die liggame van die 47-jarige vrou, haar tweeling seuns van elf en haar sesjarige dogter in hul huis in Phola Park ontdek. Hulle…
'n Plaaswag het vroeg Maandagoggend 'n vonds van meer as 'n miljoen-Rand se dagga op 'n plaas buite Delmas gemaak. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 344 kilogram dagga in 31 sakke versteek in 'n voertuig. Dit het 'n geraamde waarde van 1-komma-drie-miljoen-Rand. Dit volg na lede van die…
Verskeie ruskampe wat weens swaar reën en oorstromings in die Krugerwildtuin gesluit was, is gister weer oopgestel vir besoekers. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê Krokodilbrug, Onder-Sabie en Talamati-ruskampe is weer oop, na die watervlakke genoegsaam gedaal het. Verskeie grondpaaie in die suide van die park bly gesluit…
Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is deur die onlangse vloede, besoek. Sy sê 'n tekort aan stormwaterdreineringsinfrastruktuur het tot verdere skade gelei. Hulle beplan om laagwaterbrûe te lig wanneer hulle herstel word.
# Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê swak infrastruktuur en mense wat in vloedgebiede woon het die skade vererger wat aangerig is tydens die oorstromings die afgelope weke. Paaie, brûe, skole, huise, plase, en waterwerke is regoor Ehlanzeni-distrik beskadig. Skoolgaan is in Nkomazi ontwrig. Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede…
'n Man is gistermiddag in Barberton gearresteer na hy betrap is met die liggaam van 'n 19-jarige vrou in 'n swart plastieksak. Hy was glo besig om dit in 'n trollie na die Barberton-stortingsterrein te stoot toe verbygangers agterdogtig geraak het. Die 38-jarige verdagte moes deur die polisie gered word…
20 Feb 2023 1AM
1 min
780 – 800
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.