Is jy 'n skinderbek of 'n sleutelbord-kryger? Sal jy Iemand aan die kaak stel, kaalkop die waarheid sê of oop kaarte speel? Denise vind uit hoe mense drama en konflik hanteer.
Tatoeëermerke is sosiaal aanvaarbaar, maar vir sommige ouers moeilik om te sluk op hul tieners se vel. Verskeie pa's sê vir Amanda hul kinders moet self verantwoordelikheid vir hul besluite neem.
Tye het verander: soveel so dat Herman voel of hy nooit sal kan bybly nie. Dit verklaar dalk sy reaksie toe sy tiener met 'n tatoeëermerk huis toe gekom het. Amanda het gaan uitvind hoe ander ouers daaroor voel.
Hoe lyk die plaaslike toerisme ekonomie vanjaar? Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin op die vooraand van die amptelike begin van die feestyd.
Die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Steyn Fourie maak elke vertoning anders. "Dit is belangrik om altyd innoverend te wees op die verhoog." Hy verklap ook aan Amanda wat sy gunstelingliedjie is om te sing.
Amanda het verlede week reeks ouers gepols, en die debat het nogal 'n hewige reaksie ontlok. Gelukkig voel die meeste ouers hulle sal hul kinders eerder onvoorwaardelik ondersteun.
Die sanger JJ Stephens het vir die eerste keer in 10 jaar 'n nuwe enkelsnit vrygstel met "Dis so goed". Hierdie tee fynproewer en radio-aanbieder gesels met Amanda oor sy loopbaan.
Mense reis deesdae anders as voorheen, sê Linda Grimbeek van die KLCBT. Sy gesels voor die feestyd amptelik aanbreek met Robin oor hoe dinge verander het. "Alles gebeur deesdae op die laaste minuut – selfs besprekings. Niemand weet hoe hul planne gaan uitwerk nie, so selfs oorsese besoekers besluit op…
Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit het hande geneem met Mbombela-munisipaliteit, die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), We Care 4 Nelspruit en die nuut gestigde Barberton-gemeenskapsforum om te verseker die Laeveldse dorpe word skoner gehou. Linda Grimbeek gesels met Robin.
Hoe het jy #SwartVrydag vanjaar benader? Amanda gaan vind uit wie dink dit is ‘n slenter, wie vermy die chaos in die winkels, en wie geniet die winskopies. #Straatdebat
Een van Adam Tas se grootste treffers, "Gaan sê vir die angels", sou nooit die lug gesien het as dit as 'n enkelsnit vrygestel sou word nie, verklap hy aan Amanda. Gelukkig was dit deel van 'n vollengte album. Hy verkies volledige albums en die storie wat dit vertel, as…
Nadine Blom het reeds groot sukses in haar loopbaan behaal, en koester nog groot drome. Sy verklap hulle aan Amanda en gesels oor verhoogvrees en hoe om haar private lewe uit die openbaar te hou.
Eet gesinne nog saam? Hoe lyk familietyd te midde van die chaos van buitemuurse aktiwiteite? Denise het gaan uitvind hoe lyk Laeveld gesinne se aandroetines.
'n Sanger moet hul ore soos hul stemme soos 'n spier oefen, sê die klassieke kunstenaar, Chris Coetzer (ook een van Suid-Afrika se Drie Tenore saam met Philip Kotze en Jannie Moolman). Hy het met Amanda gesels oor die harde werk wat dit vir 'n sanger verg om mense se…
Amanda gesels met die sanger-liedjieskrywer, akteur en reisiger Quentin Prinsloo oor sy loopbaan, sosiale media en sy musikale ikone.
2 Nov 2022
5 min
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.