Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die opwaartse inflasie- en rentekoers . Mare glo dat dit die laaste maand is van hierdie stygings en dat inflasie van hier af kan afneem. Hy verduidelik ook die verligting van brandstofpryse en moontlike ekonomiese groei wat…
The Guardian in Brittanje berig oor Britse landbouers wat skape soek wat self verhaar. ‘n Skaap is ontwikkel wat sy eie vag kan afskud, aangesien skaapskeer te duur begin word het en selfs meer kos as wat die wol werd is. Die skape se verharingseienskap het sy oorsprong in die…
‘n Nuwe Fynboslelie is in die Agulhas Nasionale Park gevind. Die blom is in die Nuwejaarsvleilande ontdek. Dit kan een van die dae op die sogenaamde rooilys van bedreigde plantspesies geklassifiseer word, aangesien die park heelwat bedreigde plante en blomme huisves.
Francois Weideman is voorstitter van die Koopmansfontein Boerevereniging in die Noord-Kaap. Die boerevereniging het verlede week ‘n boeredag aangebied met die tema “Naspeurbaarheid”. Weideman vertel ook van landboutoestande in die distrik en die uitdagings van die sektor. Hy beklemtoon ook die belangrikheid van georganiseerde landbou en die rol van inligting…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gestyg hierdie week. Die oeste lyk goed in die VSA en oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojabone het ook intussen gestyg . Sonneblompryse en koringpryse het intussen…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer verder versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlampryse het weer effens gedaal. Hoenderpryse het verder gedaal. Varkpryse het weer gestabikliseer, maar bokpryse is steeds hoog as gevolg van goeie aanvraag.
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die problem van bek-en-klouseer. Daar is ‘n groot verskil met die huidige uitbraak in vergelyking met vorige kere. Die verskil is hoofsaaklik dat dit nou selfs in voerkrale voorkom, anders as in ander jare. Onsekerheid oor die…
Dewald Olivier is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Suid-Afrikanse Voerkraalvereniging. Hy was een van die hoofsprekers tydens ‘n boeredag van Koopmansfontein Boerevereniging in die Noord-Kaap met die tema “Naspeurbaarheid”. Olivier noem dat onderskeid getref moet word tussen verskillende produkte. Internasionaal word druk deur verbruikers toegepas en die rooivleisbedryf moet…
Gerhard Schutte is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Nasionale Rooivleisprodusente Organisasie (RPO) en was een van die hoofsprekers tydens ‘n boeredag van Koopmansfontein in die Noord-Kaap. Die tema van die dag was naspeurbaarheid en Schutte gee perspektief op die jongste uitbrake van bek-en-klouseer.
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor ‘n vergeluyking wat hy tref…
Vuurwapenlisensies was weer die afgelope tyd onder die loep. Vandag word kortliks berig oor die maatreëls wat nou in plek is en ook die prosesse wat daarmee gepaard gaan. Daar word ook voorgeskryf hoe om aansoek te doen en wanneer wapens onwettig is of verbeurd verklaar kan word. Voorgeskrewe dokumentasie…
10 Aug 2022 4AM
4 min
920 – 940
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.