OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,775 Episodes
780 – 800

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week stabiliteit gebring teenoor die Amerikaanse dollar. Inflasie in die VSA het gestagneer. Speenkalfpryse kan moontlik klim na die einde van Februarie. Stoorlampryse en lampryse het effens gedaal. Hoendervleispryse is steeds beter…
11 Jan 2023 1AM 5 min

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die uitdagings vir 2023 vir landbouers. Hy tref ook ‘n paar vergelykings met ander jare, onder andere wat in die wêreld gebeur met dalende voedselpryse en rentekoerse. Insetpryse behoort nie so skerp te styg soos verlede…
10 Jan 2023 5AM 3 min

PM gesels met nog ‘n wenner in die onlangse Junior Landbouskrywers-kompetisie

In die onlangse Junior Landbouskrywers-kompetisie, is Karen Truter as een van die wenners aangewys in die nie-tegniese afdeling. Karen het grootgeword in Sentraal-SA , waar sy in Bloemfontein gebore is en haar skoolloopbaan in Potchefstroom voltooi het. Daarna studeer sy aan die Universiteit Stellenbosch en behaal haar Meestersgraad in Landbou…
19 Dec 2022 12AM 5 min

PM berig verder oor die LITS-stelsel wat onlangs aangekondig is

Die Livestock Identification and Traceability System, oftewel LITS is onlangs aangekondig en vandag word verder berig oor die inligting wat benodig word om vir die stelsel te registreer. Daar word ook volledig berig oor hoe die stelsel gaan werk in die toekoms.
19 Dec 2022 12AM 1 min

PM gesels met die kategoriewenner in ‘n landwye junior landbouskrywer-kompetisie

In ‘n onlangse kompetisie van Farming Portal se kompetisie vir jong landbouskrywers, het ‘n paneel beoordelaars vir Rachel du Preez, ‘n agronoom van NWK in Lichtenburg aangewys as die wenner in die tegniese artikel-gedeelte. Die doel van die kompetisie is juis om akkurate en positiewe inligting oor te dra. Du…
15 Dec 2022 2AM 4 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse het weer effens gedaal hierdie week, terwyl sojapryse opwaarts beweeg het. Die vraag na sojameel het skerp gestyg. Koringpryse het effens gedaal. Sorghumpryse het weer hierdie week effens gedaal. Katoenpryse en lusernpryse…
14 Dec 2022 1AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer gedaal teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het sywaarts gebly. Stoorlampryse is hierdie week onveranderd en slagpryse styg skerp. Varkvleispryse het steeds rekordpryse gehaal hierdie week. Bokpryse bly steeds onder druk.
14 Dec 2022 1AM 2 min

Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Die ekonomiese groeisyfers van die derde kwartaal is pas bekendgemaak en die belangrikheid van die landbousektor word duidelik uitgelig. Maré meen dit is baie goeie nuus vir die sektor. Die landbousektor is wel een van die kleinste sektore in die land maar is verantwoordelik vir 5,5% van die land se…
14 Dec 2022 1AM 2 min

PM berig oor Wagyu SA

Wagyu SA het onlangs tydens hulle jaarlikse konferensie, hul nuwe ekonomiese indekse bekendgestel. Die organisasie poog ook om daardeur vinniger ekonomiese vordering te maak vir die bedryf. Volgens die rasgenootskap, kan dit gebruik word om die ras se ekonomiese winsdrywers so goed as moontlik na te jaag en beter daarvoor…
12 Dec 2022 2AM 2 min

PM verduidelik meer wat LITS beteken

Livestock Identification and Traceability System SA of, ook genoem LITS, is deesdae ‘n bekende term wat veral in die veebedryf gebruik word. LITS is gebaseer op vyf elemente wat onder andere insluit ‘n unieke individuele diere-identifikasie en ‘n sentrale naspeurbaarheidsdatabasis. Perspektief word ook gegee oor die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum.
12 Dec 2022 2AM 1 min

PM berig oor bedreigde spesies in plante en diere

Volgens ‘n studie oor bedreigde spesie-getalle, word baie van die beskikbare getalle onderskat in die wêreld. Duisende spesies het gebrekkige data en die omvang van bedreigde spesies is onduidelik volgens die studie van Communications Biology wat onlangs gepubliseer is. Daar word beraam dat ongeveer 56% van die plant- en dierespesies…
9 Dec 2022 1AM 1 min
780 – 800