OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
700 – 720

PM berig oor kundiges se wenke teen bloutong

Veekundiges, Prof. Gareth Bath en Dokter Faffa Malan, het natuurlike wenke beskikbaar gestel teen die agtergrond van min entstowwe wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, om bloutong by vee te verminder en te bekamp. Onder andere moet ongeregistreerde middels nie aangewend word nie en veral muggies moet vermy word.
12 May 2023 2AM 1 min

PM berig oor die herstrukturering van Agri Expo en SA se oudste landboumaatskappy

Agri Expo het beskluit om voortaan te fokus op strategiese projekte, na herstruktureing onlangs. Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap is Suid-Afrika se oudste landbou-organisasie en resorteer nou onder Agri Expo. Daar is besluit om op vier strategiese sleutelprojekte te fokus. Verliese wat die afgelope twee jaar gely is as gevolg…
11 May 2023 5AM 1 min

PM gesels met Christopher Havenga, 'n beoordelaar by die Interras-bultoets by Bloemskou

Christopher Havenga, die hoofbestuuurder van die Boran-beestelersvereniging, was die afgelope week een van die beoordelaars van die Interras-bultoets by Bloemskou, wat vanjaar hul 140 ste bestaansjaar vier. Ongeveer 20 bulle het aan die kompetisie deelgeneem en Havenga vertel waarna beoordelaars veral kyk as weneienskappe van ‘n bul. Hy gee ook…
5 May 2023 3AM 1 min

Hans-Jurie Moolman, 'n grondreg kenner, gesels oor sekwestrasie en insolvensie

Hans-Jurie Moolman, grondreg kenner, gesels oor sekwestrasies en insolvensie en die wyses waarop skuld ingevorder word. Die inligting word gedeel na aanleiding van groot omstredenheid onlangs, toe landbougrond, vee, bates, ens deur sekere prosesse "teruggeneem" is en bewerings van onwettige aksies gemaak is. Moolman gee perspektief en die rol van…
2 May 2023 4AM 4 min

PM berig oor renosterstroping in Namibië

Renosterstroping in Namibië het in die laaste jaar rekord hoë syfers gehaal, wat nie goeie nuus vir die wildbedryf van die land is nie. Die Namibiese toerismebedryf ly ook daaronder. Die meeste van die stropings het voorgekom in die Etosha gebied, wat die rede tot kommer vergroot het vir veiligheidsinstansies…
2 May 2023 4AM 1 min

PM berig oor Onderstepoort Veeartsenykunde se nuwe benadering

Die Fakulteit Veeartsenykunde by Onderstepoort het ‘n nuwe voerkraal benadering gevolg het deur studente in hul vyfde jaar bloot te stel aan skape se fisiese versorging. Skeinveilings en skaapskeer is deel van die modules oor voeding, kuddegesondheid en welsyn van die skape.
27 Apr 2023 3AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se graanpryse, wat tans onder groot druk is. Pryse het weer skerp gedaal. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het hierdie week oor verder gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week weer skerp gedaal. Sonneblomspotpryse het ook weer afwaarts beweeg hierdie week…
25 Apr 2023 11PM 2 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens versterk hierdie week. Die vraag na energie word tans negatief beïnvloed. Beesvleis- en speenkalfpryse het effens gedaal. Karkaspryse het hier effens teruggesak. Plaaslike wolpryse het ook weer positief gereageer. Varkvleispryse het effens gedaal…
25 Apr 2023 11PM 4 min

PM berig oor die belangrike faktor van voeding by veeproduksie

Vleisbeesvoeding vir die ondersteuning van vleisbeesproduksie, is baie belangrik vir die suksesvolle reproduksie in die bedryf. Volgens die Universiteit van Pretoria se Veeartseny Fakulteit is daar verskeie faktore wat die sukses van reproduksie bepaal en is protein, energie fosfaat en minerale nodig vir die beste onderhoud en laktasie.
24 Apr 2023 2AM 2 min

PM berig kortliks oor die landbou-afdeling van Bloemskou wat hierdie week begin

Bloemskou is vanjaar 140 jaar oud en dit het ontstaan as ‘n landbouskou, wat vanjaar weer meer as 6000 stuks vee trek. Verskeie Nasionale- en ander kampioenskappe gaan vanjaar weer plaasvind tussen 27 April tot 6 Mei. Van Arabier- en skouperde tot verskeie bees- en skaaprasse se kampioenskappe, vind weer…
24 Apr 2023 2AM 1 min

PM berig oor ‘n songedrewe bokhaar-pakhuis

The House of Fibre is die eerste totaal sonkrag-afhanklike pakhuis en die nuwe gebou beslaan 13 000 vierkante meter. Saam met die bokhaar van Lesotho, die tweede grootste bokhaarprodusente in die wêreld, word 40% van bokhaarskeersel ter wereld hier verwerk.
20 Apr 2023 2AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans onder groot druk is. Pryse het skerp gedaal. Beide wit- en geelmieliespotpryse het hierdie week verder gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week weer skerp gedaal. Meer sojas as mielies kan hierdie seisoen geplant word. Sonneblomspotpryse het…
19 Apr 2023 4AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens verswak hierdie week. Beesvleis- en speenkalfpryse het effens gestyg. Stoorlammers en karkaspryse het effens gestyg. Produsente melkprys het effens gestyg. Plaaslike wolpryse het ook weer verder gestyg. Hoendervleispryse het ook effens gestyg en…
19 Apr 2023 3AM 4 min
700 – 720