Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Charl Saunderson is ‘n bekende dorperskaap-stoetteler uit Kenhardt in die Noord-Kaap. Hy is nie net ‘n landbouer en produsent nie, maar tree ook op as berader, predikant en motiveringspreker. Vandag gee hy perspektief oor die uitdagings van beurtkrag. Hoe hanteer ‘n mens die probleem wat soveel landbouers skade berokken? Charl…
Die 2023 Klimaatslim-ambassadeur word weer binnekort aangewys. Inskrywings het aan die begin van die maand geopen en sluit einde Februarie. Plaasbesoeke word in April en Mei by die finaliste gedoen, wat in Maart bekendgemaak sal word. ‘n Spesiale boeredag word weer gedurende Oktober/November op die wenner se plaas gehou. Inskrywings…
KwaZulu-Natal word die teiken van wildstropers, nadat 133 renosters in die provinsie verlede jaar van kant gemaak is. Stropers het hul fokus verskuif van die Kruger Wildtuin af, wat alreeds 59% van hul oorspronklike getal renosters oor jare verloor het. In ander nuus word berig oor vleis van groot handelsmerke,…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmieliepryse het goeie stygings getoon. Sojapryse het sywaarts gebly terwyl sonneblompryse gestyg het hoewel minder geplant is. Koringpryse het gestyg en sorghum se pryse het wêrleldwyd gedaal.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Daar is ‘n vermoede dat die wêreldekonomie in ‘n resessie gaan. Daarom het die rand het die afgelope week heelwat gedaal teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse kan vir die onmiddellike toekoms hoog bly. Hoenderpryse het sterk gestyg…
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die invloed van die afgelope tyd se beurtkrag. Hy verduidelik byvoorbeeld die minder ure wat beskikbaar is vir veral besproeiingsboere in graangebiede. Maré bespiegel oor wat dit vir die toekoms inhou en verwys ook na die…
Die verwagtinge is hoog dat in 2027 melkoutomatisering ‘n groter werklikheid word. Wêreldwye markte vir outomatisering sal in 2027 die 1,5 miljard Amerikaanse dollar merk bereik. Die toenemende aantal mediumgrootte melkplase kan hierdie geleenthede aan verskaffers bied. Outomatisering van melk vergemaklik die gelyktydige melk van groot aantal koeie asook die…
Die nuwe wêreldrekord vir skaapskeer is einde verlede jaar opgestel deur Floyd Neil. Hy het in Wes-Australië nie minder nie as 527 Australiese kruisraslammers binne agt ure geskeer. Hy probeer weer op 25 Februarie vanjaar nog ‘n rekord op te stel as hy 427 van die moeders van die lammers…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorperskaap-stoetteler uit Kenhardt in die Noord-Kaap. Hy is nie net ‘n landbouer en produsent nie, maar tree ook op as berader, predikant en motiveringspreker. Vandag verwelkom hy luisteraars terug in 2023 en verduidelik hoe die uitdagings van die nuwejaar bestuur kan word.
Die suiwelbedryf in Suid-Afrika word bedreig deur goedkoop en minderwaardige ingevoerde melkprodukte soos onder andere poeiermelk. Die Love Local Dairy-veldtog is einde verlede jaar, in reaksie daarop, van stapel gestuur om juis ‘n bewusmaking by verbruikers te laat posvat om plaaslike produkte te ondersteun.
Pieter van Rensburg van Kroonstad, is ‘n bestuurslid van Kroonstad “Ignite and Revive”, wat in hierdie Vrystaatse dorp tot stand gekom het om die plaaslike gemeenskappe te verenig en te laat saamwerk op verskeie terreine. Die aksies wat oor ‘n paar jaar uitgevoer is, het onder andere ook gelei daartoe…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse het effens gedaal, wat wit- en geelmielies insluit. Sojapryse het ook gedaal terwyl sonneblompryse verder gedaal het. Koringpryse het ook plaaslik gedaal en grondbone se pryse het werleldwyd gedaal.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week stabiliteit gebring teenoor die Amerikaanse dollar. Inflasie in die VSA het gestagneer. Speenkalfpryse kan moontlik klim na die einde van Februarie. Stoorlampryse en lampryse het effens gedaal. Hoendervleispryse is steeds beter…
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die uitdagings vir 2023 vir landbouers. Hy tref ook ‘n paar vergelykings met ander jare, onder andere wat in die wêreld gebeur met dalende voedselpryse en rentekoerse. Insetpryse behoort nie so skerp te styg soos verlede…
PM gee interessante inligting deur van kruipvoeding vir kleinvee boerdery. Die effektiewe gebruik van kruipvoeders word steeds met groot sukses in die veebedryf toegepas.
Dr. Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor die jongste vleispryse en tendense en gee ook die nuutste rand/dollar wisselkoers.
21 Dec 2022 3AM
3 min
780 – 800
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.