Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Nieu-Seeland se kweekhuisgasvoetspoor kan teen 2025 aansienlik verminder, nadat ‘n kapsule wat ‘n metaanonderdrukker bevat, vir beeste ontwikkel is. Die nuwe tablet word stadig in die ingewande van beeste vrygestel en kan metaangasvrystelling vir maande lank met tot 90% verminder. Die proewe is egter tans in hul beginstadium en nog…
‘n Melkverwerkingsaanleg in die Oos-Kaap, Woodlands Dairy, het onlangs groot deurbrake gemaak deur water te suiwer. Afvalwater word herwin by ‘n waterherwinningsaanleg. Hulle fokus op verminderde waterverbruik en beskerm die omgewing en verlede jaar is reeds 46% van Woodlands Dairy se afvalwater herwin.
Gerrit van Zyl is ‘n Bonsmara-teler van Dewetsdorp in die Suid-Vrystaat en het die afgelope paar jaar verskeie toekennings ontvang vir sy uitstekende teelmetodes van die Bonsmara-ras, asook vir bewaring van grond, weiding en veld. Van Zyl verduidelik hoekom hy glo, dat om met beeste te boer, nog ekonomies winsgewend…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans op die korttermyn onder groot druk is. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het hierdie week effens gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week ook gedaal. Weerstoestande in die VSA oefen tans die grootste druk op pryse…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het baie versterk hierdie week, meer waarskynlik as gevolg minder beurtkrag. Beesvleis- en speenkalfpryse het steeds gedaal, maar behoort binnekort te stabiliseer en dalk te begin styg. Druk op produsente se kontantvloei is tans hoog…
Hans-Jurie Moolman, 'n regskundige wat spesialiseer in grondregte, verduidelik die rol van die CCMA en hoe toeganklik dit is vir werkgewers en werknemers. Hy verduidelik die rol wat dit vervul om dispute tussen partye op te los. Hy verduidelik ook die rol om bemiddeling en arbitrasie te gebruik om oplossings…
Sundale Schreiber se eerste besending suiwel uit die Coega-hawe is ‘n massiewe groeigeleentheid vir die melkvoorsieningsketting in Suid-Afrika. Meer as 2000 ton kaaskywe sal die hawe oor die volgende 15 maande verlaat. Die uitvoerooreenkoms open daarmee deure na wêreldwye handel van Suid-Afrikaanse suiwelprodukte, wat as een van die mededingendste ter…
‘n Nuwe deurbraak in skeermetodes, waaraan navorsing ongeveer $1,4 miljoen Australiese dollar bestee het, is pas bekend gemaak. Die fondse is bestee aan ‘n nuwe metode wat skape biologies kan skeer of ook genoem ontwolling. Die plantproteïen word in skape gespuit en die wol word dan in die vesel opgebreek,…
Volgens studies het globale varkvleisproduksie vanjaar toegeneem, hoewel daar ‘n onstabiele vraag en aanbod van die wêreldwye rooivleismark van 2023 getoon is. China bly die grootste drywer van die varkvleismarkte, met ‘n markaandeel van ongeveer 48%.
Rooivleisproduksie in Amerika het afgeneem, meestal as gevolg van vervoerkoste wat baie hoog is. Die gemiddelde lewende gewig het ook afgeneem. Japan het sy 20 jaar verbod op verwerkte vleisinvoere uit Kanada opgehef. Japan is Kanada se tweede grootste invoerder van verwerkte vleis.
Senior landbou-ekonoom, Dr, Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans op die korttermyn onder groot druk is. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het hierdie week effens gestyg. Sojaboonspotpryse het week-op-week ook gestyg. Sonneblomspotpryse het egter gedaal hierdie week. Koringpryse, sowel as sorghum het…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het weer verswak hierdie week meer waarskynlik as gevolg van die verhoogde rentekoerse, asook die steeds volgehoue elektrisiteitskrisis. Beesvleis- en speenkalfpryse het steeds gedaal, maar behoort te stabiliseer en dalk begin styg. Plaaslike wolpryse is…
Senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, Prof. Frikkie Maré, gesels oor die repo-uitleenkoers wat met 50 basispunte verhoog is. Prysgewys is die landbou onder groter druk en die rentekoerse is die hoogste wat dit in die afgelope 14 jaar was. Dit help om die inflasiesyfer effens in toom te hou…
Die bekende Langspruit Boerevereniging naby Reitz, hou eersdaags ‘n gewilde Bees-inligtingsdag by die Reitz Bieliemielie Feesterrein. Daar is bekende sprekers in die beesbedryf wat gaan optree en interessante onderwerpe sal bespreek word. Die datum is 13 Junie 2023 en dit begin om 8:30 by die Feesterrein.
Hoenderinvoere van die Europese Unie is tans bykans tot ‘n stilstand gebring. Die Staat weier nog steeds om BTW-belasting van 15% op hoenderposies op te hef en die minder gegoede verbruiker in ons land word die ergste hierdeur geraak. Dit blyk ook nou dat voelgriep ‘n verdere negatiewe invloed op…
Daar is groei in die pluimveebedryf se bruto volumes ten spyte van plaaslike en wêreldwye uitdagings. Die afgelope drie jaar is pluimveeslagtings met 15% verbeter. Die sektor se grootste groei het vir ‘n dekade stilgestaan tot en met die ondertekening van die Pluimveesektor se meesterplan. Die beduidende groeikoers is te…
25 May 2023 11PM
1 min
640 – 660
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.