OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,791 Episodes
1440 – 1460

Kom Ons Praat 'n Bietjie Boer saam met Charl Saunderson

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer van die Kenhardt-omgewing in die Noord-Kaap. Charl is nie net ‘n bekende Dorper-teler nie, maar ook ‘n landboukonsultant, -adviseur, berader, sakeman en raadgewer. Charl deel sy kennis van die landbou-omgewing in die volgende paar weke en in vandag se aflewering beantwoord hy die vraag…
5 May 2021 11PM 6 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse sowel as stoorlampryse het redelik stabiel gebly. Hoenderpryse het effens gedaal en varkpryse het oor die algemeen…
4 May 2021 11PM 5 min

Daling in bees- en skaapvleisinvoere in SA

‘n Drastiese daling in beesvleisinvoere het die afgelope jaar in Suid-Afrika voorgekom, volgens Agri Inspec. ‘n Afname in 30% in vergeleke met Desember 2019, is ook verlede jaar in Desember aangeteken. Die pryse per skaap was 62% meer as in 2019 . In 2019 is ook die meeste skaapvleis uit…
4 May 2021 11PM 1 min

Nog goeie nuus in die suiwelbedryf

Lactalis, Suid-Afrika se Gouda, wat vir 10 maande verouder is, is onlangs vir die derde jaar agtereenvolgens aangewys as Suiwelproduk van die Jaar. Die spesifieke Gouda was een van 900 suiwelprodukte van 68 vervaardigers wat meegeding het om die aandag van 60 beoordelaars. Verder berig die nuusagentskap Reuters, dat die…
3 May 2021 11PM 1 min

Goeie jaar vir die suiwelbedryf ten spyte van Covid-19

Die vraag na suiwelprodukte, het verlede jaar, ondanks die Covid-19-pandemie, persentasiegewys groot groei getoon. Teenoor 2019 het invoer op ‘n massagrondslag in 2020 met 13,1% en op melkekwivalente grondslag met 2,8% afgeneem. Verlede jaar het die uitvoere ook ‘n rekord-hoogtepunt bereik, toe Suid-Afrika 460 miljoen liter melk uitgevoer het.
2 May 2021 11PM 1 min

Ontstaan van rosyntjies in die wereld en in Suid-Afrika

Volgens die geskiedenis is die eerste druifspesie alreeds 6000 v.C gekweek en dit het in die suide van Frankryk ontstaan. Die Egiptenare was weer onder andere van die eerste mense wat rosyne regoor die Westerse wereld gewild gemaak het. In 2000 v.C het die Egiptenare en Perse rosyne begin benut…
2 May 2021 11PM 1 min

Hoe maak jy sin maak uit satellietbeelde en waar “drones” inpas

Tjoepie Groenewald is ‘n kundige op die gebied van sosiale media. Hy behandel vandag ‘n baie interessante onderwerp van satellietbeelde se rol in landbou en ook waar “drones’ in ‘n boerdery inpas. Groenewald gee ‘n oorsig van die voordele van hierdie beelde. Graan en weiding kan olgens hom baat vind…
29 Apr 2021 11PM 4 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouer

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
29 Apr 2021 11PM 4 min

Jongste kommoditeitspryse - Dr Johnny vd Merwe

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse sowel as stoorlampryse het gestyg. Varkpryse het oor die algemeen verder gedaal, maar bokpryse styg as…
27 Apr 2021 11PM 3 min

Nuwe belangegroep wat deur SA Jagters gestig

Die SA Jagtersvereniging het ‘n nuwe belangegroep op die been gebring. Die belangegroep is vir wildlewebestuurders geskep nadat die behoefte by grondeienaars geidentifiseer is. Bestuursdienste wat beoog word, sluit in grondbodembeskerming, bewaring en verantwoordelike jag.
27 Apr 2021 11PM 1 min

PM gesels oor bontebokgetalle wat begin toeneem.

Bontebokgetalle is stadig aan die toeneem, na aanleiding van grootskaalse bewaringspogings. Bontebokke se getalle het in ‘n stadium so skerp gedaal as gevolg van oormatige jag in die 1600’s, dat slegs 22 bokke oorgebly het voordat die Bontebok Nasionale Park gestig is om hulle te beskerm. Tans is daar ongeveer…
27 Apr 2021 3AM 1 min

PM berig oor nuwe tegnologie vir wolnaspeurbaarheid.

Die Australiese wolbedryf sal moontlik binnekort die lewensreis van egte wolprodukte kan naspeur danksy nuwe tegnologie en vennootskappe. Verandering van eienaarskap van geselekteerde wol sal nagespeur kan word en geverifieer word.
26 Apr 2021 3AM 1 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
22 Apr 2021 11PM 3 min

Landbou-finansiering in die toekoms

Tjoepie Groenewald is ‘n kundige op die gebied van sosiale media. Hy behandel vandag ‘n baie interessante onderwerpvan landbou-finansiering in die toekoms.
22 Apr 2021 11PM 7 min

Leier jongboer van die Theunissen-distrik

JP du Toit is ‘n leier jongboer van die Theunissen-distrik in die Vrystaat wat hoofsaaklik met graan boer. Hy vertel van die huidige landboutoestande in hulle omgewing en voel dat dit werklik ‘n goeie seisoen is om na uit te sien. Volgens Du Toit was daar egter wel skade wat…
21 Apr 2021 11PM 2 min
1440 – 1460