Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
29
NOV

PM berig oor nuus vir suiweltoetse met “groener voere”.

Die Britse maatskappy, Tesco, het onlangs met ‘n projesk begin waarin Britse melkprodusente subsidies ontvang om meer volhoubare, grasgebaseerde veevoer te verbou. Volgens die studies behoort mengsels van twee of meer spesies, opbrengste te kan verhoog onder sekere omstandighede.
29
NOV

Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman berig oor grondeise wat op plase bestaan

Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman berig oor grondeise wat op plase bestaan en wat gebeur met die oeste wat op daardie stadium op die lande is

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat spesialiseer in grondreg en vandag bespreek hy die kwessie van die uitwerking van grondeise en waar daar op daardie stadium oeste op die lande is. Dit is belangrik dat behoorlike advies ingewin word wanneer met die staat in onderhandeling getree word. Daar sal onder andere gekyk moet word na formules vir markwaardes en waardasies van grond. Regverdige en billike vergoeding is baie belangrik.
24
NOV

PM gesels met Dr Johnny vd Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand baie verswak in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het gestyg, veral in die Wes-Kaap en groter aanvraag kan dit steeds laat styg na die Kersseisoen. Stoorlammers se prys het konstant en hoog gebly en beskikbaarheid is steeds min. Hoenderpryse is effens laer, terwyl varkvleispryse weer effens gestyg het.
24
NOV

PM gesels met Rouxan Cloete oor die beheer van parasiete en siektes

Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete het verlede week gesels hoe om van insekte en wurms ontslae te raak op ‘n biologiese wyse. Cloete verduidelik vandag biologiese middels om parasiete soos lewerslak, luise, muskiete, vliee, ens uit te roei. Die immuunstelsel van die diere word versterk en siektes word verminder.
23
NOV

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit gesels vandag oor die onlangse verhoging van rentekoerse

Dr Frikkie Mare, bekende senior landbou-ekonoom aan die Universiteit Vrystaat, gesels oor die rentekoerse wat gestyg het. Hy gee redes daarvoor en bespreek onder andere die moontlikhede van stimulering van werkskepping. Hoewel ekonomiese groei nie goed is nie en die rand verswak het teenoor die ander geldmoondhede, moet daar pro-aktief opgetree word in belang van die land se ekonomie. Mare bespreek ook voedselpryse wat direk beinvloed word.
22
NOV

Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman berig oor die regsaspekte wat ter sprake is by die Wet op Verblyfreg

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat spesialiseer in grondreg en vandag bespreek hy die kwessie rondom die Wet op Sekerheid van Verblyfreg. Moolman gee advies oor die inhoud van die Wet en bespreek die reg op verblyf van familielede wat op ‘n plaas werk en woon. Moolman gee ook sy mening oor uitsonderings op die reel en hoe verblyfreg gekanselleer kan word. Die bepalings van die wet, in terme van persone ouer as 60 jaar en wat langer as 10 jaar op die plaas bly, word ook bespreek.
22
NOV

PM het gedurende die OFM Agri-aande gesels met Heinrich Kruger, voorsitter van die NWK-direksie

Heinrich Kruger is ‘n leierboer van die Lichtenburg-distrik in die Noordwes Provinsie en hy gesels onder andere oor die goeie landboutoestande in die provinsie. Kruger vertel ook van die positiwiteit wat heers onder NWK-lede en brei uit oor sy eie boerdery wat hy saam met sy twee seuns bedryf. Kruger boer hoofsaaklik met mielies, maar het ook ‘n veevertakking en veral beeste in Botswana waarmee hy boer. Hy het ook ‘n suiwelboerdery wat hy bedryf.

585 episodes

« Back 1—12 More »