Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly
Afrikaans South AfricaBooks · Language LearningAuthored by Christa Steyn-Bezuidenhout, Esté Meyer Jansen Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
Maretha Maartens het in ʼn Zoom-onderhoud met Maroela Media gesels oor deurslaggewende oomblikke wat haar wengedig “Peperboom” en jeugverhaal Bethel se berg geïnspireer het.
Charmé Kriel is met preëklampsie gediagnoseer toe sy 27 weke swanger was. Haar eersteling Lisa is tydens ʼn noodkeisersnee prematuur gebore en dit het Charmé se lewe handomkeer verander. Sy het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Maroela Media oor haar boek 'Twee kinders later' gesels.
‘Vreugde vir Larissa’ is die laaste boek in die gewilde McGregor-reeks ná ‘’n Brief vir Reina’ en ‘’n Belofte vir Bippie’. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
Esté Geldenhuys verruil die klankateljee vir God se natuurlike ateljee. Luister saam hoe die voëls kwetter terwyl sy in haar tuin sit en voorlees uit ‘Laat u Naam geheilig word’. Haar fokus is op die naam El, wat “die Almagtige” of “sterk een” beteken.
Dr. Pieter van Jaarsveld, skrywer van ‘Dink jouself gelukkig’ en ‘ʼn Gelukkige kind’, deel praktiese wenke oor die handhawing van geluk, positiewe denke en die hantering van uitdagings.
Johan Badenhorst het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak om meer te vertel oor die 'Voetspore'-reisgids. Hy gesels ook oor Afrikaanse plekname, voertuie waarmee hy al gereis het en die dag toe hy gedink het hy gaan nie oorleef nie.
ʼn Grypdief, ʼn moeilike meisiekind en ʼn geheimsinnige Seevrou wat op Skulpiesbaai se strand spook. Luister hier na ʼn voorlesing uit ‘Raaiselsee’ deur Troula Goosen.
Phillip C Henn het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Maroela Media vertel hoe sy dienspligervaring hom gehelp het om sy debuutroman, '500 myl', te skryf. Hy verklap meer oor sy karakters en verduidelik waarom dié verhaal by oud en jonk sal aanklank vind.
Nie net drie nie, maar sewe minute lange pure storiebederf deur Cecilia Steyn. Luister hier wat gebeur wanneer Wouter per ongeluk ʼn paar ‘superhero-tekkies’ aantrek. Dit is geskik vir kinders tussen ses en nege jaar oud.
Malcolm de Roubaix, skrywer van 'Hoop, heling & harmonie' gesels met Maroela Media oor die taal van siekte en hoe pasiënte metafore gebruik om siekteprosesse en behandelings beter te verstaan.
Elise Nel, skrywer van 'Ons raaiselpad met Alzheimersiekte', gesels met Maroela Media oor hoe die Covid-19-pandemie pasiënte se versorging beïnvloed en deel ook raad hoe om geliefdes met die siekte by te staan.
Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Francois Jacobs en Edward Blignaut, skrywers van 'The Flipside of studying Medicine', gesels. Jacobs en Blignaut, twee sesdejaar- mediese studente aan die Universiteit van Pretoria, het onlangs ʼn boek oor mediese studie in Suid-Afrika geskryf.
Die skrywer André Trantraal se ma, Charmaine, sit ’n handjie by met dié voorlesing uit ‘Keegan en Samier 1: Die Sleutel Speurders’. Laat die jong span vir twee minute saam luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met die debuutskrywer Ivor Swartz, skrywer van 'Die verlore seun vannie Gaatjie', gesels oor sy tronk-outobiografie. Hy vertel hoe sy beskouing van God oor die jare verander het, wat sy rol as jeugpastoor vir hom beteken en hy verklap ʼn geheim uit sy tronkdae.
Hannelie Groenewald, skrywer van ‘Terreur in Kaboel’, het ses jaar gelede haar gesin in ʼn terreuraanval in Afganistan verloor. Luister hier na ʼn gesprek oor haar helingsproses, verhouding met God en raad wat sy met Christene deel.
In “Die Seders van Libanon” kruis vier vroue se paaie en elkeen moet besluit of sy bereid is om te doen wat God van haar vra. Luister hier na ʼn voorlesing deur Adriana Faling. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing…
Vir die volgende vyf minute kan jy jou skoolwerk opsy skuif en na ʼn voorlesing van “Z-A-K: Die reis na Zenkion” luister. Dié jeugroman deur Theresa van Baalen is die opvolg van “Z-A-K: Die Blou Planeet” en dit is geskik vir tieners dertien jaar en ouer. Die voorlesing word in…
“Wat help dit as sy skree? Wie sal haar hoor?” Skuif nader en luister saam na ʼn voorlesing van Annerle Barnard se debuut-jeugroman “Sweepslag”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur…
6 Aug 2020
1 min
152 – 172
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.