Podlitiek

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly Afrikaans South Africa News
257 Episodes
60 – 80

Podlitiek: Nzimande se flaters en ramptoestand in troebel water

In die week se episode van Podlitiek ontnonsens die span die minister van hoër onderwys se drogredenasies oor Afrikaans by Stellenbosch asook die hofaansoek om die nasionale ramptoestand tot 'n einde te bring. Die span bespreek ook die stadsaal van Queenstown wat onlangs afgebrand het en hoe ons die brande…
4 Feb 2022 35 min

Podlitiek: Einde aan ramptoestand gevra; Ramaphosa vs. Sisulu

In die week se episode van Podlitiek word drie stories onder die loep geneem: die einde van die ramptoestand, die woordestryd tussen president Cyril Ramaphosa en minister Lindiwe Sisulu en Bongani Baloyi se skuif weg van die DA na ActionSA.
27 Jan 2022 36 min

Podlitiek: Sisulu verdeel, Novak wil speel

In die week se episode van Podlitiek gesels die span oor die uitsprake wat minister Lindiwe Sisulu onlangs oor die regbank gemaak het, sowel as Novak Djokovic se verlengde stryd ten einde deel te kan neem aan die Australiese Ope van 2022.
13 Jan 2022 32 min

Podlitiek: Goeie munisipaliteite skaars en ANC-gyselaars

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor koalisiemunisipaliteite, die krisis by die Breitburg-grenspos, die gyselaarsdrama wat hom by die St. George Hotel afgespeel het en universiteit wat inenting verpligtend wil maak.
21 Oct 2021 30 min

Podlitiek: Wanbesteding en verkiesingsontleding

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die R15 miljoen-sportveld in die Oos-Kaap, die bekendmaking van staatsamptenare se salarisse en die berugte DA-plakkate in Phoenix in KwaZulu-Natal.
7 Oct 2021 36 min

Podlitiek: Beelde, beleide en beloftes

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor 'n hernude beroep vir die verwydering van die Paul Kruger-standbeeld, die Unisa-hofuitspraak en politieke partye se verkiesingsbeloftes.
1 Oct 2021 33 min

Podlitiek: Zuma vry, Verkiesingskommissie gly, Guinee stry

In hierdie week se Podlitiek-episode is Ernst van Zyl en Paul Maritz in die virtuele ateljee, en hulle bespreek onder meer oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool, die Verkiesingskommissie se voorgenome heropening van die kandidate-registrasieproses en die militêre staatsgreep wat vandeesweek in Guinee plaasgevind het.
9 Sep 2021 28 min
60 – 80