Charles Gentle gesels in Op ‘n Drafstap met Leon van Nierop oor “Plesierengel”, 'n toneelstuk gebaseer op sy romans "Plesierengel" en "Katelknaap" wat vanaf 2 September te sien is by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees-teaterweek in die Mbombela-stadsteater. Ruan Wessels vertolk die rol van die plesierengel in hierdie tragi-komedie eenmanvertoning…
Cowrie is ‘n kriptogeldeenheid, en meer, met spesifieke, unieke aanbieding vir Suid-Afrikaners. Maurice Crespi verduidelik aan Ludi en Mireille wat jy moet weet.
Stop Poaching Endangered African Rhino (Spear) het op Vrouedag gister hul waarderingstoekennings in Skukuza gehou, om hul ondersteuners te bedank. Die organisasie sonder winsbejag het ten doel om gemeenskappe wat direk langs die wildtuin woon, in die area suid van Skukuza waar die meeste renosters voorkom, met bewaring in aanraking…
Die Springbokke het Saterdag hul 100%-toetsrugby-wenrekord by Mbombela-stadion behou deur die All Blacks met 26-10 af te ransel. Malcolm Marx, wat sy 50ste toets gespeel het, is as die speler van die wedstryd aangewys. Afrigter Jacques Nienaber het Marx en die ondersteuners by Mbombela uitgesonder vir prys.
Witrivier-rugbyklub begin Vrydagaand reeds fees vier voor die Springboktoets Saterdag teen die All Blacks by Mbombela-stadion. Saterdag bied hulle ook 'n ondersteunerspark en parkeer- en ry na die stadion. Pietman Rademeyer vertel meer:
Meer as 40 000 mense gaan Saterdag 6 Augustus die toets tussen die Springbokke en All Blacks by Mbombela-stadion kyk. Kan jy kontant gebruik? Stadionbestuurder, Roelf Kotze, verduidelik.
Saterdag sal die meeste mense ooit wees wat 'n rugbywedstryd by Mbombela-stadion bywoon. As jy voel jy móét naby die stadion parkeer, eerder as om van die parkeer- en -rystelsel gebruik te maak, maak dan só, sê stadionbestuurder, Roelf Kotze.
Saterdag sal die meeste mense ooit wees wat 'n rugbywedstryd by Mbombela-stadion bywoon. Maak liefs van die parkeer- en -rystelsel gebruik vra stadionbestuurder, Roelf Kotze. DIe punte is by Laerskool Witrivier, Witrivier-rugbyklub, Penryn, Riverside Mall, Grove-sentrum, Valley Hyper, Hoërskool Nelspruit, Laerskool Nelspruit, Church Unlimited, TUT, Nelspruit Primary, Hoërskool Bergvlam, Laerskool…
Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderinge gemaak aan die beginspan wat teen Wallis uitgedraf het in hul laaste toets om Saterdag teen Nieu-Seeland in Mbombela te begin. Malcolm Marx sal sy 50ste Boktoets speel. Hy vervang Bongi Mbonambi op haker. Faf de Klerk begin op skrumskakel en sal met Jaden…
SANParke het gister die uitslag van hul ondersoek bekendmaak na ‘n video waarin 'n man die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is. ‘n Kontrakteur is geskors hangende die ondersoek. Volgens Ike Phaahla is vier van die nege mense wat betrek word SANParke se…
Ongeveer 40 000 toeskouers sal na verwagting volgende Saterdag die toets tussen die Springbokke en All Blacks by Mbombela-stadion bywoon. Om die verkeer rondom dit te bestuur, is een van die organiseerders se grootste uitdagings. Daarom is verskeie parkeer- en ry-punte in Mbombela en Witrivier opgestel. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, verduidelik…
Die Springbokke is in die Laeveld om voor te berei vir die eerste van twee toetse op tuisbodem wat hulle op 6 Augustus by Mbombela-stadion teen Nieu-Seeland speel. Marlon Kruger, bemarkingsbestuurder vir SA Rugby, moedig plaaslike rugbyondersteuners aan om die Bokke te ondersteun.
Lowveld Venom Suppliers bied hierdie naweek die South African Snakebite Symposium (SASS) aan. Dié nie-winsgewende organisasie (NGO) word deur Gift of the Givers ondersteun en poog om mediese praktisyns in landelike areas te bemagtig om slangbyte te kan behandel. Chris Hobkirk het met Ludi gesels oor verskillende slangbyte.
Valley Hyper en Crossing-sentrum het vandag aangekondig dat elk R25 000 vir die Pumas skenk om hul welwillendheidsorganisasies te ondersteun. Pumas-hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle is betrokke by Cyril Clarke Sekondêr, Woodhouse weeshuis, en Cosmos. Hy het saam met Anita McGarry met Mireille gesels.
Die 14-jarige LeeAnn Kholwane het by die International Talent Showcase 'n beurs van $15 000 losgeslaan om vir 'n jaar aan die New York Conservatory for Dramatic Arts te studeer. Sy het ook die geleentheid om 'n somerkamp vir 'n maand by te woon, terwyl sy skool klaarmaak. Sy het…
Die afwagting bou op voor die All Blacks op 6 Augustus by Mbombela-stadion teen die Springbokke uitdraf. George Stainton, die kommersiële bestuurder van die Pumas, sê die direkte ekonomiese impak op die area word beraam in die omgewing van R200 miljoen. Boonop bied dit ‘n groot bemarkingsgeleentheid. Om dit ‘n…
In kloofing (canyoning) gebruik avontuurlustiges ‘n verskeidenheid tegnieke om klowe te navigeer: jy stap nie net nie, maar klim, spring, swem, en abseil onder meer. Kestell Barnarnd van Kestell Adventures in Sabie het vir Charles verduidelik presies wat dit alles behels.
Francois Jacobs het liefde gevind by Shané (Nykie) Pretorius tydens die tweede seisoen van Op my Eish! Ons hoor uiteindelik direk van hulle, hoe dit gebeur het. Ludi en Mireille het met die paartjie gesels oor hul toekomsplanne.
Rocco de Villiers, wat die naweek in die Laeveld kuier, is vanaf môre te sien in "Boeremusiek en Mirrorballs" wat hy en sy orkes tydens die Woordfees opgeneem het. Hy het vir Gergardt vertel dat boeremusiek eintlik in sy bloed is.
Die All Blacks speel op 6 Augustus 'n toets teen die Springbokke by Mbombela-stadion. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, het in die ateljee kom gesels oor die praktiese reëlings vir die dag. Hier is alles wat jy moet weet.
13 Jul 2022
3 min
1012 – 1032
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.