100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
449 Episodes
1 – 20

Maatskaplike Werkersdag môre gevier

Dit is nie ‘n maklike werk nie, maar maatskaplike werkers is lief vir mense en wil verandering bring in ‘n gebroke wêreld. So sê Marla Louw, ‘n maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand voor internasionale Maatskaplike Werkersdag môre op 21 Maart gevier word.
20 Mar 12 min

Bonuspunt vir Pumas oor Leeus

Die Pumas het Vrydag by Mbombela-stadion 'n bonuspuntsege van 34-27 behaal oor die Leeus. Afrigter, Jimmy Stonehouse, sê sy span het die vrugte gepluk van die hoërisiko rugby wat hulle speel. Hy het hul veggees en verdediging geloof.
20 Mar 1 min

Outa waarsku Mbombela-inwoners oor valuasierol

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het 'n waarskuwing aan eiendomseienaars gerig om hulle voor te berei vir 'n moontlike onaangename verrassing met hul munisipale rekenings weens verhoogde eiendomsbelasting. Die valuasierol vir eiendomme in Mbombela-munisipaliteit is gepubliseer, en eienaars het slegs beperkte tyd om aksie te neem as hulle voel hul…
17 Mar 9 min

Modelle sprei hul vlerke en vlieg hoog

Danika van Deventer (19) is 'n finalis in die Mej. junior SA-kompetisie vanjaar. Juanica Herselman (8) doen reeds vier jaar modelwerk. Sy het onlangs uitstekend presteer en drie groue toekennings gewen by die Stars of the Universe-kompetisie. Hulle gesels oor hul toekomsdrome.
17 Mar 8 min

Wêreld-slaapdag: Wat jy moet weet

Dit is Wêreld-slaapdag. Die tema vanjaar is “Slaap is noodsaaklik vir gesondheid”. Andri gesels met Peet Vermaak van Nelspruit Sleep Clinic oor die belangrikheid van goed slaap vir jou gesondheid. Hy vertel meer oor slaapversteurings en waarsku teen “krukke” soos slaappille.
17 Mar 18 min

Pumas pak vanmiddag die Lions

Die verdedigende Curriebeker kampioene, die Airlink Pumas, speel vanmiddag teen die Leeus by Mbombela-stadion hul eerste tuiswedstryd. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die span is fiks en vol selfvertroue en hoewel hulle aan die einde van 2022 heelwat spelers verloor het, het hulle baie talent bygekry.
17 Mar 13 min

Alles wat jy moet weet van lantana

Lantana is wêreldwyd 'n probleemplant, en die Laeveld is geen uitsondering nie. Willem van Staden van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) verduidelik die moets en moenies van hierdie skadelike plant. Hy loop weer uit as jy hom brand, is gifting vir diere en hy skei chemiese stowwe deur sy…
16 Mar 10 min

Bela-vergaderings hierdie naweek in Mpumalanga

Die portefeuljekomitee se sittings oor die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Bela) vind 17, 18 en 19 Maart in Mpumalanga plaas. Daar is verskeie redes waarom skole, beheerliggame en ouers teen die wetsontwerp gekant is. Pieter Ferreira van die Federasie van Skoolbestuurliggame in Mpumalanga (Fedsas) verduidelik hoe dit die funksionering van…
16 Mar 18 min

Nasionale stilstand 20 Maart: Die Laeveld JOC vertel

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gewaarsku geen wetteloosheid sal geduld word tydens Maandag se beplande landswye betoging nie. Die EFF sal die strate invaar om die land tot stilstand te bring, uit verset teen beurtkrag en eis dat president Cyril Ramaphosa moet bedank. Verteenwoordigers van die Laeveld JOC, John Meintjies en…
16 Mar 12 min

Wêreldrekord wink vir gholfspelers met groot harte

Twaalf plaaslike gholfspelers gaan Donderdag poog om 1 000 gholfgate binne 12 ure te speel by Mbombela-gholfklub. Dit vorm deel van 'n fondsinsameling ten bate van Ministry on Wheels en Grace Baby Haven en word gevolg deur 'n gholfdag vir hulle Vrydag. André Botes en Kelvin Fincham van Grace Family…
14 Mar 7 min

Oscars 2023: Rolprentresensent Leon van Nierop

"Everything Everywhere All at Once" het Sondagaand sewe Oscar-toekennings gewen. Dit maak dit die mees bekroonde beste-rolprentwenner sedert "Slumdog Millionaire" in 2008. Die toekennings is beste rolprent, beste regisseur, beste vroulike hoofrolspeler (Michelle Yeoh), ondersteunende aktrise (Jamie Lee Curtis), en beste ondersteunende akteur (Ke Huy Quan). Dit terwyl uitstekende rolprente…
14 Mar 12 min

Schönbrunn Palace-orkes eersdaags in die Krugerwildtuin

Die internasionaal gesiene Schönbrunn Palace-orkes tree 20 Maart by die Skukuza-gholfbaan in die Krugerwildtuin op as deel van hul Toer vir Bewaring en op 21 Maart by die Mdluli Safari Lodge. Dit is ‘n moet vir liefhebbers van klassieke musiek en ten bate van die SAPParke Ereveldwagters. Lind Pieters en…
13 Mar 13 min

Pumas gereed om hul Curriebeker-titel te verdedig

Die Curriebeker skop die naweek af en die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, speel Sondag hul eerste wedstryd teen die Bulle in Pretoria. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hul doelwit is om hul titel te verdedig. Hy gesels met Gerhardt. Luister weer hier.
10 Mar 9 min

Bela-wetsontwerp: Wat dit beteken vir tuisskool

Die parlement se portefeuljekomitee vir onderwys hou op 17, 18 en 19 Maart openbare sittings oor die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in Mpumalanga. Daar is baie algemene redes waarom skole, beheerliggame en ouers teen die goedkeuring van hierdie voorgestelde wetgewing is, en die spesifieke veranderings aan die tuisonderrig klousule…
9 Mar 15 min

2 000 km op die Oranje vir geestesgesondheid

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns pak eersdaags die 2 000 km van die Oranjerivier op bootjies aan, vandag sy oorsprong net buite die grens met Lesotho tot by Alexanderbaai in Namibië. Dit is alles vir bewusmaking oor geestesgesondheid. Francois Jacobs gesels met Gerhardt oor dié tog.
9 Mar 5 min

Sit die "L" terug in kosblikkies vir Laerskool Laeveld

Die Sonop-ontbytspan het in Februarie die “L” teruggesit in kosblikkies en kon kosblikkes vir 24 leerlinge van Laerskool Laeveld voorsien. Mammas van die skool het saam met Lientjie Steyn en Judy van Dijk die pakkies gister opgemaak. Van Dijk het die skool se broodjieprojek al in 1986 gestig, want vir…
2 Mar 11 min

Man vertel hoe hy vriend uit krokodil se kake red

Jerry Visagie het Sondagmiddag sy vriend, Fanie Fourie, se lewe gered toe 'n krokodil hom aangeval het. Hulle het by 'n privaatdam op ‘n plaas in die Snymansbult-omgewing gehengel. Jerry vertel vir Mireille wat het gebeur.
1 Mar 8 min

Sit die "L" terug in kosblikkies hierdie Valentynsmaand

Vir baie kinders is die maaltyd wat hulle by die skool ontvang, hul enigste maaltyd van die dag. Daarom pak die Sonop-ontbytspan vandag kosblikke vir kinders wat nie so bevoorreg is om ‘n “pouse broodjie” te hê nie. Maatskaplike werker, Danel Liebenberg, gesels met Gerhardt en Andri oor die noodsaaklikheid…
28 Feb 14 min

Interhoër Radio-oorname: Hoërskool Rob Ferreira

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Inge van Wyk en Ryan Sweeney van Hoërskool Rob Ferreira.
27 Feb 8 min

Interhoër Radio-oorname: Hoërskool Bergvlam

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Amahle Zondi en Tammy Baird van Hoërskool Bergvlam.
27 Feb 23 min
1 – 20