Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,924 Episodes
1840 – 1860

ToekomsVenster: Die wet van omgee

Omgee is weggee. Dit is meer as net meegevoel; dit is betrokke wees, naby wees en dit is een van die unieke eienskappe van die burgers van die koninkryk, want Jesus se lewe is dié voorbeeld wat hulle volg.
11 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet van kuisheid

Moenie dat jou oog jou laat struikel en jou uiteindelik verlore die ewigheid instuur nie. Jesus se radikale opdrag sê: Pasop waarna jy kyk!
11 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Jy kry nuwe stories om te vertel

Wanneer die Here jou lewensreisplanne verander, is dit nie net ’n reis na Damaskus wat verander nie, maar die totale fokus van jou lewe. Elke dag daarna sal ’n nuwe belewenis oplewer, omdat die Koning van die reis teenwoordig is.
11 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe foto

Nuwe foto’s is ’n herinnering dat ons nuwe mense is. Ons is God se skeppingswerk (Efesiërs 2:10); sy geliefdes (1 Johannes 2:7) en Hy is stil tevrede in Sy liefde oor ons; Hy jubel en Hy juig oor ons (Sefanja 3:17).
30 Apr 2018 5AM 4 min

ToekomsVenster: Die koninkryk is soos suurdeeg

Trek ’n 10 km radius om die gemeenskap waar julle woon. Identifiseer daardie plekke waar die nood die grootste is. Begin deur te bid, waag dit dan om te gaan en deel te word. Skyn die lig. Begin klein.
30 Apr 2018 5AM 3 min

ToekomsVenster: Die koninkryk is soos saad

Indien ’n klein mosterdsaadjie kan groei en ’n geweldige boom kan word, wat sou ’n gehoorsame daad in die koninkryk vandag vir jou gemeenskap beteken?
30 Apr 2018 5AM 3 min

ToekomsVenster: Die Koning wat sy bruid bevry

Om deel van hierdie koninkryk te word, vra dat ek en jy die liefde van hierdie Koning en die prys wat Hy vir ons vryheid betaal het, sal aanvaar, sal glo en daaruit sal leef.
20 Apr 2018 8AM 4 min

ToekomsVenster: God teenoor die Farao

Hoe staan hierdie Tien Gebooie teenoor die wette van die Farao? Wat sou gebeur indien ons die Tien Gebooie nie sien as die “hoogste standaard” van morele lewe nie, maar die “minimum standaard” waarvan die burgers van die koninkryk daagliks leef?
20 Apr 2018 7AM 4 min

ToekomsVenster: Hemelse skaduwee

Daar is nie honger in die hemel nie en gevolglik roep die Here sy kinders om die mense wat nie kos het nie iets te gee om te eet. Dit geld vir alle vorme van nood op aarde.
19 Apr 2018 10AM 4 min
1840 – 1860