VivA Afrikaans-joernaal

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.
Occasionally English South Africa Language Learning · Arts
95 Episodes
84 – 95

Oor beddens en Boervrouens

Oor beddens en Boervrouens (Sophia Kapp). As jy in die middel van die nag wakker word van 'n harde klapgeluid, kan jy maar weet daar is moeilikheid. Maar sommige mense vat nie nonsens van sulke moeilikheid nie …
26 Aug 2017 5 min

Van varke en verraaiers

Van varke en verraaiers (Sophia Kapp). Oor die bekendstellingsgeleentheid van die 2017-AWS, Sagmoedige Neelsie en Dalene Matthee se Moerbeibos. Wie is uiteindelik die vark in die verhaal?
17 Aug 2017 6 min

Boekbekendstelling - Terminology and Terminography

Boekbekendstelling - Terminology and Terminography (Gerhard van Huyssteen en Mariëtta Alberts). Dr Alberts is een van Suid-Afrika se bekendste terminoloë. In hierdie episode praat sy oor haar nuwe boek wat onlangs gepubliseer is: Alberts, M. 2017. Terminology and Terminography: Principles and Practice. A South African Perspective. Milnerton: MLA Publications. 483…
17 Aug 2017 8 min

Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie

Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie (Jana Luther). Waarom krap die toevoeging van ’n enkele woordpaar tot die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (’n skamele twee uit altesame 34 077 inskrywings) bruin akademici en skrywers so om?
15 Aug 2017 14 min

"Trend" toon opwaartse neiging

"Trend" toon opwaartse neiging (Jana Luther). Watter nuwe woorde is op die woordeboekmakers se dophoulyste? En hoe word daar oor hulle opname besluit?
6 Aug 2017 6 min

Subredakteur is koerant se onbesonge held

Subredakteur is koerant se onbesonge held (Gerhard van Huyssteen). Menige leser/luisteraar weet nie wat ʼn subredakteur is nie. Subredakteurs doen veel meer as om net die taal in 'n koerantberig te versorg.
29 Jul 2017 5 min

Oos, Wes, Bluff Bes

Oos, Wes, Bluff Bes (Sophia Kapp). Hoekom word die name van stede of geboue in die buiteland soms in Afrikaans vertaal? En wat noem 'n mens iemand wat van die Bluff (Durban) vandaan kom?
28 Jul 2017 5 min

Beskans jou deur jou taal goed te beheers

Beskans jou deur jou taal goed te beheers (Gerhard van Huyssteen) Bouwer Bosch se #Versoening-video’s het Suid-Afrikaners behoorlik aan die gons. Van sy kritici gebruik sy taalgebruik om hom as onbelangrik af te maak. Is sulke kritiek geregverdig?
26 Jul 2017 5 min

Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie

Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie (Jana Luther). Rapport se gebruik van die woord "rampant" in die kop van ’n berig oor die Leeus se Superrugby-sege in Durban het ’n hele paar lesers op hulle agterpote gehad. Hoe staan sake met dié woord in Afrikaans?
22 Jul 2017 13 min

Koerante en tydskrifte is voedingsbron vir Afrikaans

Koerante en tydskrifte is voedingsbron vir Afrikaans (Jana Luther). Om in bronne soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal en die Afrikaanse woordelys en spelreëls eietydse taalgebruik akkuraat te weerspieël, word die gedrukte én niegedrukte media daagliks gefynkam.
16 Jul 2017 11 min

Spontaan oor die lippe

Spontaan oor die lippe (Jana Luther). Van Afrikaans se uitdrukkings en gesegdes is reeds etlike honderde jare oud; baie dateer uit vorige millennia. Ontstaan daar vandag nog nuwe idiome?
10 Jul 2017 12 min
84 – 95