VivA Afrikaans-joernaal

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.
Occasionally English South Africa Language Learning · Arts
95 Episodes
12 – 32

Internasionale Moedertaaldag

Onthou vandag, op hierdie dag, dat jou moedertaal jou trots mag en moet wees, dat jou hart daarvoor mag klop en dat jy hard mag werk om Afrikaans te beskerm en te bevorder. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots.
3 Jun 2022 3 min

Fopnuus

Daar is niks snaaks, satiries, lighartig of eers aanvaarbaar aan fopnuus nie. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots.
3 Jun 2022 4 min

Om oor taal te klets

Hoekom word “awesome” nie opgeneem nie? Die reaksies op so ʼn vraag is voorspelbaar: “Ja, almal praat so” of “Nee, dit is aaklig”. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots.
3 Jun 2022 8 min

Slegte medisyne

Sophia Kapp wonder waarom dit mense so kwaad maak wanneer hulle uitvind dat hulle 'n taalfout gemaak het. Voorgelees deur Karen Loots.
3 Jun 2022 5 min

Die bulle se boeke

Kyk, ek is bereid om oor baie beledigings my oë te rol en stil te bly, want nie alles is 'n oorlog werd nie, maar 'n taalbul was ek wragtig nog nooit. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots.
6 May 2022 8 min

Kaplaks! loop sy in die ruit vas

Flaps-flaps stap sy met haar stewels deur die water. Klankekspressies soos klanknabootsing en klankskildering. (Jana Luther) Voorgelees deur Karen Loots.
6 May 2022 4 min

Intensiewe vorme, Noag en die kanon

Een van die gereeldste (en lastigste) navrae wat ek kry, is oor intensiewe vorme. Versamelname, vergelykings en intensiewe vorme is groot griewe, vir onderwysers, vir leerders, en vir hulle ouers wat moet help huiswerk doen, want dié goed het in die taal versteen geraak en die jonger geslag moet hierdie…
6 May 2022 5 min

Taalsuiwerheid – die plek van die standaardvariëteit

Enige taal se sprekersgemeenskap is ʼn losse mengsel van moedertaal-, tweedetaal- en vreemdetaalsprekers, van oumense en tieners, van geleerdes en gewones, van vaandeldraers en knutselaars. Almal het die reg om deel te wees van die taalgemeenskap, en almal se bydrae, hoe krom en skeef dit nou ook al mag lyk,…
6 May 2022 3 min

Versamelnaamwoorde, vers 2

In hierdie opname bepeins Sophia Kapp die onvas en onvoorspelbare versamelnaamwoorde. Voorgelees deur Karen Loots.
6 May 2022 4 min

Wurgpatat sluk is swaar sowaar

Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit.
13 Sep 2019 8 min

Kaatjie en klaar

In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder,…
17 Aug 2019 8 min

Bord, bordeel, van tafel tot bed

Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale…
19 Jul 2019 10 min

Pampoen tot pampoesie

Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer.
16 Jun 2019 9 min

Deund, wrik, hekel en snert

Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans.
13 Jun 2019 14 min
12 – 32