Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,222 Episodes
4792 – 4812

Van Avis tot publieke kampvegter

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van OUTA gesels oor sy loopbaan, hoe OUTA begin het en wat hy doen om te ontpan.
17 Nov 2022 11AM 13 min

Lufthansa vlieg nou reguit Kruger Park toe

Linda Grimbeek, hoof van die Kruger Laeveld toerisme- en sakekamer gesels oor hoe groot verskil hierdie nuwe vlugte sal maak en toerismevlakke in Mpumalanga en by die Kruger Wildtuin.
17 Nov 2022 11AM 4 min

Markoorsig

Johan Gouws, hoof van advies by Sasfin Wealth gesels oor maatskappye wat vandag hul handelsverklarings bekend gemaak het en volgende Dinsdag se staking in die staatsdiens.
17 Nov 2022 11AM 7 min

Takatso reageer op Gidon Novick se bedanking

Tshepo Mahloele, voorsitter van die Takatso-konsortium gesels oor konflik met Lift, of daar deursigtigheid was tussen die Takatso-konsortium en Novick, asook die status van die SAL ooreenkoms.
17 Nov 2022 11AM 9 min

Markoorsig

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft gesels oor Spar se resultate, Woolwoths se handelsverklaring, Reinet en PPC se handelsverklaring.
16 Nov 2022 11AM 8 min

Hoe goed beheer Suid-Afrika indringerplante?

Prof. Brian van Wilgen van Stellenbosch Universiteit gesels oor die indringerplante wat die grootse probleme veroorsak, hoe dit onder beheer gehou kan word en hoe hierdie situasie gaan lyk oor tien jaar.
15 Nov 2022 12PM 13 min

Maak maar reg vir nog baie beurtkrag

Antoinette Slabbert, senior verslaggewer by Rapport gesels oor hoeveel beurtkrag verwag kan word en of die redes vir beurtkrag binne die bestuur se beheer is.
15 Nov 2022 12PM 9 min

Markoorsig

Chantel Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investment gesels oor haar siening van die mark op die oomblik, Transaction Capital se resultate, en Brait wat Premier Foods gaan noteer
15 Nov 2022 11AM 9 min
4792 – 4812