Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,130 Episodes
1520 – 1540

Die sirkelekonomie gee ons ‘n kans om die omgewing te bewaar

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool, deel sy insigte oor hoe tegnologie soos Smartfill kan help om volhoubare praktyke in Suid-Afrika en wêreldwyd te bevorder.
13 Dec 2024 10AM 8 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital en Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21 beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
13 Dec 2024 10AM 18 min

Oorsig van mynbou in 2024

Wilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder by Rozendal Vennote gesels oor mynbou in 2024.
12 Dec 2024 10AM 9 min

Gebruik standaarde om werknemers te versterk

Die gebruik van standaarde word al meer 'n grondslag in die verbetering van doeltreffendheid en organisasie in die besigheidswêreld. Herman Stoop, nakomingsbeampte van WWISE verduidelik hoe ISO-standaarde werkplekke in Suid-Afrika kan verbeter.
12 Dec 2024 10AM 7 min

Privaatprodusente beweeg al nader aan elektrisiteitsvoorsiening

Daar word al lank gesels oor onafhanklike kragvoorsieners, maar meer as 'n jaar na 'n konferensie oor private deelname, het 'n versoek om inligting uiteindelik verskyn. Antoinette Slabbert, senior verslaggewer van Rapport gesels hieroor.
12 Dec 2024 10AM 6 min

Rooivleisuitvoere styg met 25%

Dewald Olivier, bestuurshoof van Red Meat Industry Services (RMIS) gesels oor rooivleisuitvoere wat styg.
11 Dec 2024 11AM 6 min

Inflasie styg minder as wat verwag is

Die jongste inflasiesyfers vir Suid-Afrika is vanoggend deur Statistieke Suid-Afrika bekendgemaak. Dr Christie Viljoen, senior ekonoom van PWC gesels hieroor.
11 Dec 2024 11AM 6 min

Beleidsveranderinge raak skrootwerkers

Die skrootmetaalbedryf word al sedert 2013 gereguleer, toe die regering die prysvoorkeurskema ingestel het. Amanda Visser, vryskutjoernalis wat XA Trade Advisors se voorlegging oor die stand van die bedryf bygewoon het, gesels oor die beleidsveranderinge.
11 Dec 2024 11AM 6 min
1520 – 1540