Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,194 Episodes
1352 – 1372

'n Nuwe hoogtepunt vir Naspers en Prosus

Henco Kruger bespreek die markaanwysers, en Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, gesels oor die wisselkoers asook Naspers en Prosus se nuwe hoogtepunt.
17 Feb 2025 11AM 8 min

Val KleuterZone in die “te goed om waar te wees”-kategorie?

KleuterZone is 'n netwerk van 120 kleuterskole regoor die land, en lede van die publiek kan in hierdie individuele skole belê. Ryk van Niekerk gesels met Liesl Peyper, senior joernalis by Moneyweb, oor KleuterZone se beloofde opbrengste.
17 Feb 2025 11AM 12 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Bernard van Wyk, hoof van navorsing en fondsbestuur by Kruger Internasionaal en Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21 beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
14 Feb 2025 10AM 15 min

Korttermynverhuringsreëls kan verander.

Daar is nuwe regulasies wat korttermynverhuring in deeltitelgeboue kan beïnvloed. Die onafhanklike data-ontleder, Melville du Plessis, deel sy insigte.
14 Feb 2025 10AM 7 min

Naspers en Prosus beur die beurs op

Henco Kruger lewer die markverslag, en Bernard van Wyk, hoof van navorsing en fondsbestuur by Kruger Internasionaal, bespreek Naspers en Prosus wat die beurs opbeur, asook volgende week se arbeid- en inflasiesyfers.
14 Feb 2025 10AM 11 min

Wêreldreus koop Inverroche

Die fynbos-jenewer Inverroche is onlangs deur die drankreus Pernod Ricard uitgekoop. Die stigter van Inverroche, Lorna Scott, gesels oor die transaksie.
13 Feb 2025 11AM 9 min

South Africa should listen to Trump

‘The world may sympathise with what is said about the need to redress the injustices of the past, but the world is not going to subsidise it – the world wants to invest in economies that are growing, that offer a return’: Joel Pollak, mooted next US ambassador to SA.
13 Feb 2025 11AM 13 min

Neal Froneman lê die tuig neer

Henco Kruger lewer die markverslag en Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor Neal Froneman wat Sibanye verlaat, asook South32 en British American Tobacco se finansiële resultate.
13 Feb 2025 11AM 7 min

Die JSE stoom voort

Henco Kruger lewer die markverslag, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die JSE se hulpbronindeks en die verkoop van Inverroche.
12 Feb 2025 11AM 4 min

Hoekom is die rand so sterk?

'Ons weet die rand gaan altyd terug na 'n koers wat sin maak': Gert Visser – valutaspesialis, Rand Merchant Bank.
12 Feb 2025 11AM 8 min
1352 – 1372